Saturday 21 September 2024

Dinsdaggedagtes is wengedagtes

Een van Koester Karos se weeklikse medewerkers, Katelyn Marais, het vanjaar weer presteer op AfriSkuld-LIG-konsert wat vanjaar vir die vierde keer aangebied is. LIG staan vir “Liefde In Gestremdheid”

Die konsert is geskep met die visie om mense met gestremdhede op te hef en is op 19 September in Pretoria aangebied. Vanjaar se tema was: “Die lewe skuld jou niks, as ek kan, kan jy ook.” Daar is elke jaar drie afdelings nl. poësie, prosa en redenaars. 

Katelyn het in die poësie-afdeling deelgeneem en is aangewys as die wenner in hierdie afdeling. Gedigte lê Katelyn na aan die hart. Sy hou van woorde en die krag van woorde en het ook al haar hand aan skryfwerk gewaag. Koester Karos is baie baie trots op haar en dankie vir jou weeklikse bemoedigende boodskap

Sy was in die bevoorregte posisie om met 'n paar van die kunstenaars te gesels wat ook haar rolmodelle die afgelope vier jaar geword het. Mathys Roets (foto), Prop, Sonja Heroldt en Ruan Josh het hierdie aand met die deelnemers gedeel. Die Mathys Roets-toekenning was deel van die spesiale pryse wat uitgedeel is. Hierdie kunstenaars het self al uitdagings op hulle lewenspad gehad en kan daarom diegene bemoedig en motiveer wat meer opdraandes in die lewe het as die gemiddelde mens.  

Lees gerus elke Dinsdag die Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais.

Klik HIER om die koerantberig te lees. 

2 comments:

  1. Wow, baie dankie vir die deel van hierdie wonderlike konsert en Beweging wat deur Solidariteit begin is. Mens leer soveel by gestremde persone - hulle voluit lewe, hul vreugdes oor klein dingetjies en dat hulle nie bang is om liefde en blydskap te wys nie. Xx

    ReplyDelete
  2. Dis só waar! 'n Mens dit by hierdie deelnemers sien. Ons kan by hierdie kinders leer dat jy werklik gelukkig kan wees in 'n "stukkende lyfie." Dankie dat jy Koester Karos lees, geniet en kommentaar lewer! Vreugde!

    ReplyDelete