Vandag kyk ons na koffie-idiome. Dit lyk vir my na die maklikste idiome en terwyl jy aan jou koppie koffie sit en teug, leer jy sommer jou idiome.
* Oppas vir hom, hy sal die room uit jou koffie steel!
Betekenis: Hy is skelm.
* Hy is so maer, hy moet swart koffie drink om ’n skaduwee te gooi.
Betekenis: Dit word gewoonlik van iemand gesê wat baie maer is.
* Hy is 'n regte koffiepot.
Betekenis: Iemand wat lief is vir koffie.
* Kaal koffie of koue koffie of koffie sonder ketel.
Betekenis: Bogenoemde verwys na brandewyn of ander sterk drank.
* Jou koffie stort nou-nou - is ’n waarskuwing.
Betekenis: Jy soek skoor; pasop dat jy nie nou-nou huil nie.

No comments:
Post a Comment