Vroeg vanjaar was daar vyf klein eiers in haar nes en een groot eier. Sy wonder al weke oor hierdie groot eier, maar kon geen antwoord kry nie. Intussen sit sy geduldig op haar nes en wonder hoe die groot eier in haar nes gekom het.
Eendag het die vyf klein eiers begin kraak.
Pik, pik, pik! Vyf mooi, geel baba-eendjies het uitgekom. Eers het hulle hul geel koppies by die eiers uitgesteek, die wêreld bekyk en gewonder of dit veilig is. Alles lyk só anders. Toe sien hulle vir Mamma Eend en hulle klouter uit hul eiers en vroetel onder Mamma Eend se veilige vlerke in.
Pik, pik, pik! Vyf mooi, geel baba-eendjies het uitgekom. Eers het hulle hul geel koppies by die eiers uitgesteek, die wêreld bekyk en gewonder of dit veilig is. Alles lyk só anders. Toe sien hulle vir Mamma Eend en hulle klouter uit hul eiers en vroetel onder Mamma Eend se veilige vlerke in.
Toe het die groot eier begin kraak. Klop, klop, klop!
Een groot, lelike eendjie het uitgekom. "Dis vreemd," het Mamma Eend gedink.
Niemand wou met hierdie eedjie speel nie.
"Gaan weg," het sy broers en susters gesê. "Jy’s lelik! Jy lyk nie soos ons nie."
Die lelike eendjie was hartseer. Hy besluit toe om nuwe vriende op die plaas te gaan soek en voeg dadelik die daad by die woord.
"Gaan weg!" het die vark gesnork.
"Gaan weg!" het die skaap geblêr.
"Gaan weg!" het die koei gebulk.
"Gaan weg!" het die perd gerunnik.
"Gaan weg!" het die waghond geblaf.
"Gaan weg!" het die huiskat gemiaau.
"Gaan weg!" het die vrolike mossies in die boom getjirp.
"Gaan weg!" het die die duiwe op die dak gekoer.
Niemand wou sy vriend wees nie.
Dit het begin koud word. Die winter is hier. Die huiskat het vir die ander diere vertel dat hy op die TV gesien het dat dit vanjaar baie baie koud gaan word. Hulle voorspel selfs sneeu vir dele van die Noord-Kaap.
Huiskat het nie gelieg nie. Dit het begin sneeu! Die lelike eendjie het 'n leë skuur gevind en daar gaan woon.
Hy was koud, hartseer en alleen.
Toe kom die lente. Die lelike eendjie het die skuur verlaat en teruggegaan na die dam toe. Hy was baie dors en het sy bek in die water gesit. Hy het 'n pragtige, wit voël gesien! "Sjoe!" het hy gesê. "Wie’s dit?"
"Dis jy," het 'n ander pragtige, wit voël gesê.
"Ek? Maar ek is 'n lelike eendjie."
"Nie meer nie. Jy is 'n pragtige swaan, soos ek. Wil jy my vriend wees?"
"Ja," het hy geglimlag.
Al die ander diere het gekyk hoe die twee pragtige swane wegvlieg, vriende vir altyd.
Wat het ek uit hierdie storie geleer:
Wat het ek uit hierdie storie geleer:
* Moenie soos die ander diere teenoor die lelike eendjie optree nie. Moenie iemand wegjaag nie. Wees altyd vriendelik. Dit kos jou niks.
* Onthou, as jy vandag soos die lelike eendjie voel, dis net tydelik. Eendag gaan jy die swaan wees en dan moet jy nie ander behandel soos jy behandel is nie.

No comments:
Post a Comment