Sunday 17 May 2020

Besondere gebed van 'n moeder

'n Bruin moeder van sewe kinders sê dat sy haar kinders net deur gebed en groot genade grootgekry het. Haar naam is Maria en sy woon in Potchefstroom. Hier volg haar gebed:

"Vader van genade.
Ons staan weer vandag hier voor U as moeders wat baie bekommerd oor onse kinders se toekoms is. Ons is net die wasmasjiene, Here. 
Die Bybel is onse seeppoeier en onse gebede is die water, Here."
Die kinders is die wasgoed.
Nou as daardie klere nie skoonkom nie, Here, gebruik ons baie water.
Nou gebeur dit ook dat ons die wasgoed moet soak vir 'n lang tyd, omdat onse Vader ons partykeer nie dadelik antwoord nie.
Ons weet die Here antwoord ons op Sy eie tyd."

[Oorgeneem uit Interaksie van 2004:2]

No comments:

Post a Comment