Monday 13 April 2020

Die Paasverhaalkoekies in beeld

Katelyn Marais se mamma, Hencia, het die boekie met die resep vir Paasverhaalkoekies gebruik om die kruisigingsverhaal op 'n verstaanbare en praktiese manier aan haar te verduidelik. Katelyn het na hierdie aktiwiteit, die verhaal gaan teken - van die kruisiging tot by Jesus wat aan Maria verskyn het. Op hierdie manier maak 'n ouer die boodskap van Paasfees 'n werklikheid vir 'n kind. Met Paasfees 2020 is ouers geseën met die luuksheid van tyd vir hulle kinders, iets wat ons nie ander jare gehad het nie.

Die aktiwiteit deel Hencia graag met ons Koester Karos-lesers. Dankie, Ouma Nerine, wat as fotograaf hierdie kosbare herinneringe verewig het.

Klik hier om die verskillende stappe te sien.



Vir diegene wat die boekie nie in 'n vorige plasing raakgesien het nie, klik op hierdie skakel om die resep te kry.

No comments:

Post a Comment