Thursday 6 December 2018

16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GEWELD TEEN VROUE EN KINDERS

WAAROOR GAAN DIE 16 DAE VAN AKTIVISME-VELDTOG?
Die regte van vroue en kinders in Suid-Afrika is in die Nasionale Grondwet vervat en daardeur beskerm. Geweld teen vroue en kinders is ’n ernstige en kommerwekkende probleem in Suid-Afrika.

Dit kom al hoe meer voor in gemeenskappe waar alkohol en dwelms erg misbruik word en werkloosheid toeneem. Hierdie tipe geweld kan verskeie vorme aanneem, onder andere fisiese-, emosionele- en finansiële mishandeling, seksuele aanranding en verkragting.

Mishandeling in enige van hierdie vorme skend menswaardigheid. 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is ’n internasionale bewusmakingsveldtog, wat ook fokus op die negatiewe impak van hierdie tipe geweld op die samelewing.

No comments:

Post a Comment