Friday, 31 January 2025
Thursday, 30 January 2025
Een minuut storie: Die Leeu en die Muis - ‘n tradisionele fabel
Eendag beland daar ‘n piepklein muisie in die poot van ‘n yslike groot leeu. “Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!” brul die yslike groot leeu.
”Asseblief, Grote Leeu, koning van die diere, ek respekteer jou, moet my net nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag ‘n guns bewys”, pleit die muisie.
”Jy weet,” brul die yslike groot leeu, “ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glads te klein om vir my enige gunste te kan bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander.”
Die piepklein muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.’n Paar dae later word die Grote Leeu in ‘n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Hy raak verboureerd, want hy weet dat dit die einde van sy lewe kan beteken soos hy dit ken. Skielik hoor hy ‘n fyn piep-piep hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy ‘n paar dae tevore gevang het.
”Lê doodstil,” piep die muisie, “Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees.”
”Ag, ou Muisie,” kla Grote Leeu moedeloos, "Die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?”
Maar die muisie praat nie en hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar ‘n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.
”Baie baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Iets wat ek nie in my wildste drome kon dink nie. Al is jy só baie klein, het jy my gered, toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies ‘n groot geskenk gee.”
Grote Leeu en Kleine Muisie is tot vandag nog vriende. En hulle maak seker dat hulle hierdie storie van geslag tot geslag oordra, want groot-groot-groot-grootoupa leeu het 'n belofte gemaak.
Jy is nooit te klein om iemand te help nie.
Labels:
Belofte,
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Hulp,
Inspirasie,
Leeu,
Les,
Moedeloosheid,
Motivering,
muis,
Redding,
Storie,
Verhaal
Wednesday, 29 January 2025
Rosetta se goeie wense: Genademiddel
om die lewe maklik te maak nie,
maar 'n genademiddel om ons sterk
genoeg vir die uitdagings te maak.
Tuesday, 28 January 2025
Binnekringnuus: Tommie se eerste onderhoud met die pers
Interne korrespondent: Tommie is die nuutste toevoeging tot die Christina Kiddie Sentrum. Hy is nie net die nuutste en die jongste nie, hy is loshande ook die oulikste. Hy doen mee met oorgawe. Hy speel saam totdat hy van moegheid sommer in rat doodruk en omval. En dan slaap Tommie die slaap van dooies, want as hy daar opstaan, is daar nie tyd vir lamlendig wees nie. Die lewe moet geleef word en so kruip Tommie onder ons vel in en met sy lomp peuterpote trap hy 'n yslike modderpad in jou hart. Ongenooid, ongevraagd, maar tog só welkom.
Bestanddele:
Christina Kiddie se junior korrespondent het met Tommie 'n onderhoud gevoer, sodat ons lesers ook so 'n proesel van die klein Tommie kan kry, voordat die tienerjare inskop.
CK junior korrespondent: Ons het in een van Ruben se briewe gelees dat jy van Petrusburg af kom. Vertel ons meer van jou geboorteplek.
Tommie: Petrusburg is so 'n klein dorpie tussen Bloemfontein en Kimberley, met vriendelike, gasvrye, plat op die aarde mense wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop. Almal ken almal. En op so 'n klein plekkie moet jy jou eie besigwees skep. My ouma Annie het altyd gesê dat die duiwel orals leeglê, maar die jongetjies van Petrusburg het niksdoen vervolmaak.
CK junior korrespondent: Nou wat doen julle Petrusburgers om besig te bly?
Tommie: Wel, die grootmense beoefen natuurlik 'n stokperdjie of leef hulle passie uit. My tannie Tilla maak vetplantjies bymekaar. Sy is sowaar die vetplantkoningin van die dorp. Sy het 'n aardige versameling. Kan jy glo dat die TV-mense dit kom afneem het en 'n hele onderhoud met haar gevoer het? Daarna is tannie Tilla die bekendste mens op die dorp. Daardie program het haar nou eers aangespoor en vir elkeen wat by haar kom kuier, stop sy 'n plantjie in die hand.
CK junior korrespondent: Tommie, waarmee het jy jouself besig gehou op daardie klein dorpie?
Tommie: Jy sien, ek en ouma Annie het 'n besondere verhouding. Ek het bedags by haar gebly as my ouers gaan werk het. Ouma Annie het resepte versamel - meer spesifiek - kleinkoekieresepte! Sy het lêers en lêers ennn lêers vol resepte. Ouma Annie bak vir 'n tuisnywerheid in Bloemfontein en my werk was om koekies te proe. Ai en ek het só daarvan gehou om ook die mengbakke uit te lek - dit was my skelm bederfie en ons twee se geheim. My ma sou die piep kry as ek dit durf waag doen by die huis. Ouma Annie is lid 74. En dit is die lid wie se koekies die heel eerste van die rakke afvlie. Ek dink dis omdat ek so 'n goeie proeër is.
CK junior korrespondent: Tommie, noudat jy hier by Christina Kiddie is, het jou lewe totaal verander. Wat mis jy die heel meeste van jou geboorteplek?
Tommie: Ek mis my maats die heel meeste. Jy weet, Saterdae was ons kaskardag. Dan het ons almal by Willem se huis bymekaar gekom en gery dat die stof so staan. Daar het elke Saterdag 'n stofwolk oor daardie klein dorpie gehang. En dan mis ek ouma Annie se koekies ... daar sit mos baie liefde en omgee in elke koekie wat sy bak.
CK junior korrespondent: Ek hoor in die wandelgange dat jy 'n spesiale Kersgeskenk van jou ouma gekry het. Vertel 'n bietjie vir die lesers daarvan.
Tommie: Ek het een van my ouma se reseptelêers gekry, met die uitdruklike opdrag om dit met boetie Ruben se lesers te deel. Ek sal by tannie Christelle uitvind hoeveel resepte ek op haar blog mag sit, maar so een 'n maand is op hierdie stadium in die pyplyn.
CK junior korrespondent: Wat is jou gunsteling koekie?
Tommie: Ek dink die lekkerste koekies suid van die ewenaar is gemmerkoekies. Ek gaan sommer ouma Annie se gemmerkoekieresep vir jou gee en dan kan jy dit met die lesers deel.
CK junior korrespondent: Dankie, Tommie, dis nou 'n heerlike manier om 'n onderhoud af te sluit. Mag jy wonderlike jare in die sentrum beleef. Miskien moet jy 'n resep of twee insmokkel kombuis toe.
Gemmerkoekieresep van Ouma Annie
Hierdie is ‘n vinnige gemmerkoekieresep vir ma's met min tyd!Bestanddele:
Bruismeel: 500 ml (240 g)
Suiker: 250 ml (200 g)
Suiker: 250 ml (200 g)
Koeksoda: 3 ml
Fyn kaneel: 5ml
Fyn gemmer: ±20 ml (indien jou gesin van 'n gemmerkoekie met 'n byt hou, moenie spaarsamig met die gemmer werk nie.)
Margarien: 150 g
Gouestroop: 15 ml
Eier: 1 - geklits
Metode:
Fyn kaneel: 5ml
Fyn gemmer: ±20 ml (indien jou gesin van 'n gemmerkoekie met 'n byt hou, moenie spaarsamig met die gemmer werk nie.)
Margarien: 150 g
Gouestroop: 15 ml
Eier: 1 - geklits
Metode:
* Sif bruismeel, suiker, gemmer, kaneel en koeksoda saam en meng goed.
* Smelt die margarien en stroop saam. Roer in by meelmengsel. (Voorkoms: Lyk asof te droog)
* Roer geklitste eier in.
* Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. Dit sit uit, so nie te naby mekaar nie.
* Bak by 180°C tot goudbruin (ongeveer 15 min).
* Laat effens afkoel voordat van plaat verwyder.
* Roer geklitste eier in.
* Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. Dit sit uit, so nie te naby mekaar nie.
* Bak by 180°C tot goudbruin (ongeveer 15 min).
* Laat effens afkoel voordat van plaat verwyder.
En as jou gesin van hierdie lekker gemmerkoekieresep hou - gaan groot!!!
Monday, 27 January 2025
Saturday, 25 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
Jy maak die deur oop en sit die olifant in.
* Hoe kry jy 'n kameelperd in 'n yskas?
Jy haal die olifant uit en sit die kameelperd in.
* Wie het die moeilikste werk op aarde?
'n Olifant se tandarts.
* Hoekom het jou hond so 'n plat neus?
Hy jaag altyd karre wat stilstaan.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 24 January 2025
Thursday, 23 January 2025
Een minuut storie: Die wolf en die skaap
Baie jare terug was daar 'n wolf wat regtig seergekry het toe hy teen 'n kwaai beer geveg het. Hy het wel die geveg gewen, maar hy het baie sleg gelyk. Hy kon nie self vir hom kos of water in die hande kry nie. Moeg, vol pyne, en baie honger het hy onder 'n bos gelê en homself jammer gekry.
Op 'n dag het 'n skaap by hom verbygeloop. Hy het die skaap gevra om vir hom water te gaan haal, sodat hy 'n bietjie vog en krag in sy lyf kan kry om vir hom vaste kos te gaan soek. Die skaap het vinnig besef hy is die vaste kos waarna wolf verwys het, het hy vir wolf gesê dat hy nie die een is wat die water sal gaan haal nie en het dadelik weggegaan.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Jy kan 'n persoon se bybedoelings raaksien as jy aandag daaraan gee.
* Om NEE te sê en pad te gee is 'n goeie skuif - doen dit net betyds.
Labels:
Bybedoelings,
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Inspirasie,
Les,
Motivering,
Skape,
Storie,
Verhaal,
Wolf
Wednesday, 22 January 2025
Rosetta se goeie wense: Vergeet-my-nietjies
met julle om te sê dat ek julle nie vergeet het nie.
Maar ook om te sê dat God jou
nooit sal vergeet nie.
Tuesday, 21 January 2025
Monday, 20 January 2025
Gebed deur Teresa van Avila
Mag jy God vertrou dat jy is waar jy bedoel is om te wees.
Mag jy nie die eindelose moontlikhede vergeet
Wat gebore word uit geloof nie.
Mag jy die gawes gebruik wat jy ontvang het,
En die liefde deurgee wat aan jou gegee is.
Mag jy tevrede wees
Wetend dat jy 'n kind van God is.
Laat God se teenwoordigheid in jou beendere rus
En gee jou siel die vryheid
Om te sing, te dans, te prys en lief te hê."
Hierdie gebed van Teresa van Avilla is 'n kosbare herinnering aan die vrede en vertroue wat spruit uit 'n lewe geanker in geloof en liefde. Mag hierdie woorde jou inspireer en versterk vir die dag wat voorlê.
[Dankie, Christelle, dat jy dit met ons almal deel.]
Saturday, 18 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
* Wat het die sielkundige vir die olifant gesê toe hy 'n afpsraak by hom gaan maak het.
"Dis R100 vir die afspraak en R1100 vir die rusbank."
* Hoekom is 'n olifant groot, grys en vol plooie?
Want as hy klein, rond en wit was, sou hy 'n Disprin gewees het.
* Hoekom verf olifante hulle voete onder geel?
Sodat hulle onderstebo in 'n bak vla kan dryf sonder om gesien te word.
* Wat is groot en grys en het rooi oë?
'n Oliffant wat 'n liefdesteleurstelling gehad het.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 17 January 2025
Thursday, 16 January 2025
Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Januarie
Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie
by West End Vleismark.
Onthou: Plankie Steak (sous) is by West End Vleismark beskikbaar! Hierdie geurige sous voeg waarde by tot 'n heerlike stukkie braaivleis.
Een minuut storie: Beheer altyd jou woede
Daar was 'n jong seun wat nie sy woede kon beheer nie. Hy het nie omgegee wat hy vir wie sê nie. Hy sou sê net wat hy wil, al het dit mense seergemaak. Sy pa het hom gevra om 'n spyker in die agterplaasheining in te hamer elke keer as hy kwaad word.
In die begin van die oefening het hy baie spykers gebruik. Maar soos die tyd aangestap het, het hy al minder en minder begin gebruik. Op 'n dag het sy pa hom gevra om elke dag net een spyker te begin uittrek. Hy het nie meer kwaad geword nie. Toe hy al die spykers verwyder het, het sy pa hom gevra of hy al die gate in die heining gesien het. Die seun het instemmend geknik en gevra wat hy kan doen om die heining te herstel. Sy pa herinner hom toe daaraan dat die heining nooit weer dieselfde sou wees nie, maak nie saak wat hy doen nie. Presies dieselfte gebeur met mense.Al die lelike dinge wat ons sê en doen terwyl ons woedend is, kan nooit uitgewis word nie. Daar bly altyd 'n merk agter.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Woede laat letsels op mense.
* Woede verbeter nie 'n situasie nie.
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Inspirasie,
Kwaad,
Les,
Letsels,
Motivering,
Spykers,
Storie,
Verhaal,
Woede
Subscribe to:
Posts (Atom)






