Tuesday 10 January 2023

2023-skoolwense aan al die leerders

Die vakansie het te gou verbygegaan en môre moet julle blink geskrop in julle skoolklere by julle onderskeie skole aanmeld.  

Terug by die skool, kan julle al julle vriende sien, wat julle nie gedurende die vakansie gesien het nie. Julle kan nuwe vriende maak en 'n nuwe buitemuurs probeer, maar elkeen van julle moet ook oor jou houding teenoor skool dink. Hoe gaan jy hierdie skooljaar aanpak??

Onthou, skool het die potensiaal om jou te verander en in die beste JY te ontwikkel. Iemand wat diep spore in die gemeenskap en in die wêreld sal kan trap. Dan kan jy eendag terugkom na jou dorpie in die warm droë NK en as motiveerder en mentor vir die gesigte voor jou vertel dat jy ook eens op 'n tyd daar gesit het waar hulle nou sit.

'n Skool kan jou help bou aan jou karakter. Dit kan vir jou help om rigting in jou lewe te kry. Gryp dit met passie aan en geniet elke oomblik.

'n Heerlike skooljaar vir elkeen van julle.

No comments:

Post a Comment