Liewe Lesers
Ek het lanklaas die pen opgeneem om vir julle te skryf, maar 'n saak wat my baie na aan die hart lê, is fondse vir die DBV of die SPCA soos wat ons gewoonlik daarna verwys.
Oor 'n maand, 7 November, kan jy en jou hondevriend die spesiale markdag kom bywoon. Ek wil nou nie katterig klink nie, maar as jy 'n gehoorsame kat het, wat soet in die mandjie sal bly, kan dié seker ook maar die markdag kom bywoon. Ek wil nou nie van partydigheid beskuldig word nie, maar ek voel ons honde kan 'n statement maak!
Daar gaan verskeie kategorieë wees waaraan julle kan deelneem. En hope heerlike pryse is op die spel. Bring jou hond: groot of klein, oud of jonk, slim of dom, dapper of bang, vet of maer, gehoorsaam of ongehoorsaam - daar is 'n kategorie vir elkeen van hulle. Saterdag is julle kans om met jou hond te spog soos nog nooit tevore nie.
Wat kan julle Saterdag by die Duggan-Cronin Gallery verwag:
🐶 Hondeskou-toegang is gratis.
🐶 'n Familie-vriendelike uitstappie.
🐶 Vrolike musiek en 'n ontspanne atmosfeer.
🐶 Heerlike kosstalletjies wat jou mond gaan laat water.
🐶 Stalletjies met interessante geskenke (Onthou: Kersfees is om die draai.)
As julle enige navrae het,
kan julle die volgende nommer skakel: 084 395 7297
Sien julle vriendelike lesers daar - moet my nie teleurstel nie.
Ruben-groete tot 'n volgende keer.



Ek is daar! Blaf-blaf.
ReplyDeleteOnthou om al jou vriende saam te bring. Ons sien uit na julle deelname aan die hondevertoning.
ReplyDelete