![]() |
| Let op: Krummels hou 'n wakende oog oor my! |
Geniet die tweede sarsie kat-idome. Onthou: memoriseer dit en gaan sê dit vir Krummels op.
* 'n Kat val altyd op sy pote.
Betekenis: Hy kry homself altyd uit die moeilikheid uit.
* 'n Kat kan ook na 'n koning kyk.
Betekenis: Die eenvoudigste mens het ook sekere regte.
* Nie 'n kat se kans hê nie.
Betekenis: Geen kans op sukses hê nie.
* So nat soos 'n kat.
Betekenis: Baie nat, papnat ... papsopnat.
* So welkom soos 'n kat in 'n melkkamer.
Betekenis: Baie onwelkom.

No comments:
Post a Comment