* Skryf 'n briefie, kaartjie of e-pos aan 'n onderwyser wat 'n verskil in jou lewe gemaak het. (Leef altyd dankbaar!)
* As jy iets in die kombuis mors, maak dit dadelik skoon voordat iemand daarop gly en seerkry. (Bied sommer vir jou ma aan dat jy die hele kombuis vir haar van hoek tot kant sal skoonmaak vir 'n Kersfeespresent.)
* Leen of gee vir iemand 'n inspirerende boek. (Die groot lekkerte lê daarin dat julle die boek kan bespreek.)
* Bring vir iemand 'n klein aandenking wanneer jy 'n nuwe plek besoek, om te wys jy het aan hom of haar gedink.
* As 'n groep mense oor iemand skinder, onderbreek die gesprek deur iets moois van die betrokke persoon te sê. (Doen dit net hierdie vakansie vakansie en voordat jy jou oë uitvee, is dit 'n gewoonte wat aansteeklik inwerk.)
* Vra jou ouers of julle as gesin 'n troeteldier kan aanneem wat nie 'n huis het nie.
* Indien jou ouers NEE sê vir bogenoemde idee, gaan werk dan by die DBV/SPCA. 'n Ekstra paar hande om hokke skoon te maak of diere te bad, is nooit te versmaai nie.
* Pas 'n enkelma se kind gratis op sodat sy 'n aand uit kan geniet.
* Bied aan om die trollie vir iemand terug te vat nadat hulle hul inkopies in die kar gelaai het.
Dankie vir AL bogenoemde voorstelle. Julle outjies kook as dit by idees kom. Sommige voorstelle is regtig van lesers met 'n hart vir uitreik. Uitreiking het gewoonlik verrykende gevolge en ons sal dit graag hier met ander wil deel!

No comments:
Post a Comment