Liewe Maats
Julle weet dat dit vandag Moedersdag is. Moedersdag is die één spesiale dag van die jaar waarop ons opreg kan dankie sê vir daardie mens in jou lewe. Dié persoon wat jou nog altyd mildelik met liefde, deernis, trots en wysheid hanteer en omarm het.
Die tweede en belangrikste Ruben-rede hoekom ons Moedersdag moet vier is om ons daaraan te herinner dat elke dag eintlik 'n Moedersdag behoort te wees.
Hier in Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum hoor ek dikwels hoe van julle outjies met en oor julle ma's praat. Somtyds swel my ou hondehart sommer van trots en gee ek 'n vreugdesblaf omdat ek saamstem en ander kere is ek so ontsteld dat ek sommer onder my geliefkoosde dinkbank gaan lê.
In ons familie (ons oupas, oumas en ouers) in Petrusburg, weet ons dat die deurlopende dryfkrag wat ons almal op die regte pad hou, by ons ouma begin het. My ma se grootste vreugde is as sy al daardie eienskappe van deernis, intelligensie en integriteit in haar kinders en selfs kleinkinders sien reflekteer.

Liewe Maats, Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders, want ons omstandighede verskil. Daarom wens ek namens my en Tommie vir elke tannie hier by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum geluk met Moedersdag, en sê ons twee dankie vir al die goeie waardes wat julle in elkeen van ons belê. Dankie dat julle tannies tyd maak vir ons, ons met liefde omring en die regte pad vir ons wys in hierdie moeilike en uitdagende tyd waarin ons leef.
Liewe hartsma's ... tannie Christelle, tannie Katrien, tannie Sanette, tannie Meloni, tannie Elsie, tannie Mittah, tannie Dorah, tannie Maria, tannie Stella en tannie Mpho, saam met ons maatskaplike ma, tannie Chrizelna, dankie vir die juwele wat julle in ons almal se lewenstassie van herinneringe sit. In hierdie onthoutassie sit ons die waardevolle lesse wat ons by julle leer, julle navolgingswaardige voorbeeld en eendag kan ons ook soos my ma in Petrusburg van vreugde blom omdat waardevolle lesse deel van ons lewens geword het.
Namens ons almal wil ek ook vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se bestuur 'n besondere Moedersdag toewens. Met apologie aan Sophia Loren weet ek dat tannie Raedun, tannie Melanie, tannie Philda, tannie Natasha en tannie Anja nooit alleen is met hulle eie gedagtes nie. Hulle moet altyd twee keer dink, een keer vir hulself en een keer vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum.
Dankie vir al die tyd wat ongevraagd, direk en indirek aan elke inwoner afgestaan word.

Vreugde vir hierdie besondere dag.
Ruben-groete tot 'n volgende keer.

Ruben-groete tot 'n volgende keer.
Maats, gaan lees asb. my storie oor ma's HIER!!
Dit is n vreeslike kosbare boodskap vir almal Ruben. Jys darem n hond uit een stuk. Ek stem saam met jou. Geniet elke oomblik saam met elke kosbare mamma daar. Tonne liefde. Lekker slaap en n pragtige week.
ReplyDeleteAnoniem, dankie vir jou belangstelling en goeie wense. Dis altyd lekker om van ons lesers te hoor. Vreugde vir jou lewenspad!
ReplyDelete