Friday, 28 February 2025
Thursday, 27 February 2025
Een minuut storie: Die miere en die sprinkaan
'n Gesin miere was besig om die graan wat hulle gedurende die somer gestoor het, uit te droog. Almal was kliphard aan die werk, selfs die kinders het ywerig saamgewerk. Daar was nie tyd vir speel nie. Oupa Mier het altyd gesê as jy wil eet, moet jy werk.
'n Doodhonger sprinkaan hou die werkende miere van 'n afstand dop en sien die berge kos en besluit om hulle vir kos te vra. Oupa Mier, wat nie van ledigheid hou nie, wil by sprinkaan weet hoekom hy nie kos vir die winter gebêre het nie. Die sprinkaan het gesê hy en sy vriende was te besig om musiek te maak gedurende die somer dat hy nie nog kos kon spaar nie. Daar was eenvoudig nie tyd vir kos insamel nie. Die miere het geen simpatie met die sprinkaan gehad nie en het net aangegaan met hulle werk.
Kan jy die boodskap van mier en sprinkaan raai?
* Daar is 'n tyd om te werk en 'n tyd om te speel.
* Kry jou prioriteite reg.
* Leer uit ander se voorbeeld.
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Hardwerkend,
Inspirasie,
Les,
Miere,
Motivering,
Sprinkaan,
Storie,
Verhaal,
Werk
Wednesday, 26 February 2025
Rosetta se goeie wense: 'n Bemoedigende gedagte
As jou trane vlakker lê as jou smile ...
KYK OP -
God is ons HOOP
As jou hart seerder is as jou oë ...
As jou hart seerder is as jou oë ...
HUIL,
want trane bring verligting
en ook heling vir alle wonde
As jou antwoorde verder is as wat jy dink ...
en ook heling vir alle wonde
As jou antwoorde verder is as wat jy dink ...
BID,
want Jesus is ons Leermeester
As jy voel jy kan nie meer nie ...
As jy voel jy kan nie meer nie ...
PROBEER nog een keer,
want dis dalk die laaste keer
As alles om jou breek ...
As alles om jou breek ...
STAAN VAS ...
want God is in beheer!!
Tuesday, 25 February 2025
Resep: Tommie deel nog 'n ouma Annie resep
Na my gesprek met ons jeugkorrespondent, is ek toegegooi onder die vrae. Dit lyk my die meeste van Koester Karos-lesers het 'n passie vir bak. Party wil my ouma Annie ontmoet en ander wou by my weet of ek weet van enige spesifieke wenke of bakgeheime van lid 74. Ek het ook 'n hele paar gemmerkoekieresepte gekry met die uitdruklike versoek dat ek dit vir my ouma moet gee. Ek stuur dit sommer hierdie naweek nog vir haar. Ek sê solank dankie vir al die resepte.
Vandag deel ek graag my oupa Willie se gunsteling. Ouma Annie sorg dat daar altyd genoeg koekies in die koffiekoekiekoekblik is. Kyk, met 'n koppie kondensmelkkoffie in die een hand en 'n koffiekoekie in die ander hand, is my oupa in die sewende hemel.
Bestanddele:
8 koppies koekmeel
3 teelepels koeksoda
½ koppie stroop
500 g margarien of botter
2 koppies suiker
½ koppie baie sterk koffie
½ teelepel sout (na smak)
3 teelepels koeksoda
½ koppie stroop
500 g margarien of botter
2 koppies suiker
½ koppie baie sterk koffie
½ teelepel sout (na smak)
1 teelepel vanilla
Metode:
* Meng margarien en suiker
* Voeg stroop by
* Maak koeksoda aan met koffie
* Gooi vanilla by
* Meng alles met gesifte koekmeel
* Bak vir ongeveer 20 min @ 180ºC
Wenk: Maak mengsel styf genoeg aan om deur die vleismeul te gaan.
Bestanddele vir vulsel:
½ pak versiersuiker
2 e hoogvol margarien of botter
1 t vanilla
2 e baie sterk koffie
knippie sout
Metode:
* Meng alles goed
* Sit die koffievloeistof laaste by
* Plak 2-2 koekies opmekaar met hierdie vulsel
Geniet dit en gaan groot!!!
Saturday, 22 February 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
Seun: "'n Goeie verestoffer, Pa."
* Wat noem jy 'n jong volstruis?
'n Halfstruis.
* "Ek is jammer," sê Kosie aan die kat, "dat ek jou mond vol konfyt moet smeer. maar as dit nie doen nie, sal ma weet dis ek wat weer by die konfytblik was."
* Wat eet katte vir ontbyt?
Muiskrispies.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 21 February 2025
Ruben praat oor Wêreldmoedertaaldag
Hierdie is net 'n kort ou briefietjie om julle te herinner aan Wêreldmoedertaaldag. Dit maak nie saak hoeveel tale jy kan praat nie, jou moedertaal bly die basis en wegspringplek van al die ander tale.
'n Onlangse berig wat ek gelees het, beskryf die term moedertaal as volg: Jou identiteit spreek uit die woorde wat jy geken het lank voordat jy jouself geken het!
Maats, hierdie is 'n mondvol. Ek moes self hierdie stukkie twee keer lees, sodat die waarde van die sin by my kon insink. En ek weet ek stem saam, want blaffiaans kom sonder dink by my op.
Dis in my moedertaal waar ek tuis voel ... die taal waarin ek kwaad word ... die taal waarin ek omgee ... die taal waarin ek droom! Vier vandag jou moedertaal saam met ons klomp hier by Christina Kiddie!
Dankie dat julle so goed gereageer het op my uitnodiging vir oorspronklike moedertaalgedigte. Ek het die gedigte teen die kennisgewingbord vasgespeld. Gaan lees gerus die oulike pogings. Julle klomp is regtig oorspronklik. Ek plaas die eerste drie gedigte wat ek gekry het:
* Die beste woord
in my moedertaal is brood
Die tweede beste een
is beslis been
alhoewel ek been bo brood verkies
sê ek dit sommer tong in die kies!
* Ruben is ons geliefde huishond
deesdae is Tommie ook hier rond
ons is baie lief vir albei
en maak seker dat hulle ons nie vermy.
* Бехтарин сухан
ба забони модарии ман нон аст
Дуюм беҳтарин
бешубҳа устухон аст
гарчанде ки ман устухонро аз нон афзалтар медонам
Ман инро бо забон мегӯям!
En op hierdie hoë noot, blaf ek vir elkeen van julle 'n heerlike naweek toe.
Ruben-groete tot 'n volgende keer!
Thursday, 20 February 2025
Een minuut storie: Die beer en die twee vriende
Twee jarelange vriende het besluit om kortpad deur die bos te loop. Aangesien dit baie gevaarlik is, het hulle mekaar belowe om die hele tyd naby mekaar te bly. Skielik word hulle grootste vrees waar! Hulle sien gelyktydig die gevreesde beer naderkom. Een vriend skarrel teen 'n boom op en laat die ander een agter. Die vriend op die grond besluit om voor te gee dat hy dood is. Die beer het nadergekom, aan sy oor geruik en toe omgedraai en weggeloop. Die vriend wat in die boom geklim het, klim af en vra vir die ander vriend wat die beer vir hom gesê het. Sy vriend antwoord: "Die beer het my eenvoudig afgeraai om 'n vals vriend te glo."
Wat het ek uit dié storie geleer?
* Ware vriende bly by jou deur dik en dun.
* 'n Mens wys jou ware kleure in 'n krisissituasie.
Wednesday, 19 February 2025
Rosetta se goeie wense: Insig
om tussen elke situasie
en
emosie te kan onderskei
en opnuut te kan beleef
hoe U woorde my vandag
kom voed.
Tuesday, 18 February 2025
Ruben sê dankie vir sy verjaardagboodskappe
Hierdie is net 'n kort briefie om vir julle dankie te sê vir die goeie verjaardagwense. Ek is skoon verras met die stortvloed van boodskappe. Dankie vir al die WA's wat ek op my mensma se foon gekry het. Elke een wat my op die stoep of in die tuin raakgeloop het, het vir my 'n kloppie op die rug gegee of my tussen die ore gevryf. Die belangstelling was verstommend. En dadelik het dit my getref: GESINDHEID! Wedersydse gesindheid teenoor mekaar maak die verskil. Julle goeie gesindheid teenoor my maak 'n verskil in my lewe.
Ek het werklik geliefd gevoel en om die dag af te kon hê, was al klaar vir my 'n groot present. Ek het egter nie my waaksaamheid verslap nie. Dis mos deel van my DNA en ek het nog steeds met gespitste ore deur die dag gegaan.
Ek het vir tannie Christelle gevra om my verjaardagpartytjie klein te hou en 'n bietjie uit te stel. Na almal se vreugde, opgewondenheid en uitgelatenheid met Valentynsdag, gaan julle nie my verjaardagpartytjie met dieselfde entoesiasme benader nie. My verjaardag-in-aksie lê nog voor. Intussen suurdeeg ek sekere gedagtes by die inwoners wat met my kom hartsake gesels.
Ek het besluit my verjaardagpartytjie se tema moet gesindheid of gesindhede wees. Ek het besef hoe belangrik gesindheid is, veral in 'n koshuis soos hier by ons. Ons is een groot familie, elkeen met sy eie drome, probleme, agtergrond en aanpassingshekkies wat ons moet leer om te oorkom. Daarom moet ons ook mekaar help en dit vir mekaar makliker maak, al moet ons ook van ons kant af opoffferinge doen. Dink julle maats dat dit 'n goeie tema is? Julle moet weet in Petrusburg, my geboorteplek, is goeie karaktereienskappe by ons ingedril. My ouma Annie het gereeld gesê dat die dag wanneer ons die huis verlaat, word ons 'n lopende, blaffende en knorrende advertensie vir ons ouerhuis. My en Tommie se optrede op ander plekke weerspieël wat die wêreld van die jongmense van Petrusburg gaan dink.
As dinge in jou lewe sleg gaan, of die lewe se probleme en ongelukkigheid druk swaar op jou hart, kom praat met my. As ek nie op en af draf langs die heining om die pad te inspekteer nie, kan ons lekker op die gras onder die koelteboom sit en kuier. Ek is 'n baie goeie luisteraar en ek blaf nie mense se geheime uit nie. As van die kinders jou wegstoot, baklei of sleg behandel, skok hulle met jou gesindheid. Dis nie maklik nie, maar ek kan jou daarmee help en vir jou 'n bietjie van raad bedien. Onthou, ek het ook maar probleme gehad, ek was dikwels my blaf belet, ek was ook geboelie, maar my ondersteuningstruktuur het my deur hierdie kniehalterende probleme gedra. Wees mekaar se ondersteuningstruktuur.
Maats, ek wil nie vir julle preek nie, maar ek is besig om vir Tommie die belangrikheid van goeie gesindheid te leer. En as julle my daarmee kan help, sodat Tommie kan sien hoe praat, speel en ondersteun outjies mekaar wat 'n positiewe gesindheid het, sal dit my werk ook makliker maak. Dis juis Tommie se opvoeding, die deel waarvoor ek verantwoordelik is, wat my aan die dink gesit het.
Op hierdie punt, my liewe maats, vra ek voorstelle vir my verjaardaggeselligheid. Hoe kan ek my tema gebruik dat ons hope pret en plesier kan hê, maar terselftertyd ook die Ruben-lewenslesse vir altyd sal onthou???
Dankie, Petrusburg, vir die lekker koubene wat Courier Guy vir my afgelewer het. Tannie Christelle bêre dit vir my in die vrieskas en as ek op 'n Saterdag of Sondag wil herkou aan dinge wat my pla, dan kan ek dit al kouende aan 'n been doen.
Ruben-groete tot 'n volgende keer!
Saturday, 15 February 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
Oond toe.
* Wat noem jy 'n hoender sonder vere?
Aandete
* 'n Hoender is die enigste dier wat 'n mens eet voordat hy gebore is en nadat hy dood is.
* Hoekom kan 'n volstruis nie vlieg nie?
Hy het nie 'n vlieglisensie nie.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 14 February 2025
Thursday, 13 February 2025
Advertensie: Besoek Maju gerus in Februarie
Dis naweek! Kry al jou braaibenodighede by Maju!! Klik HIER vir meer inligting!
Een minuut storie: 'n Glas melk
Daar was 'n arm seun wat elke dag koerante verkoop het om sy skoolgeld te kan betaal. Op 'n dag was hy só honger dat hy besluit het om kos by die volgende huis wat hy besoek het, te vra. Verskeie mense het geweier om vir hom kos te gee. Hoe verder hy geloop het, hoe hongerder het hy geword. Uiteindelik het hy by 'n huis gekom waar 'n meisie vir hom 'n glas melk aangebied het. Sy het geweier dat hy daarvoor betaal. Baie jare later het hierdie meisie siek geword. Geen dokter wou haar help nie. Sy het besluit om na die beste dokter in die buurdorp te gaan. Die dokter het haar maande lank behandel, hoewel sy geweet het dat sy nie die tipe behandeling kon bekostig nie. Toe sy die dag ontslaan word, het sy ook die hospitaalrekening gekry. In groot rooi letters het daar gestaan: "Ten volle betaal, met 'n glas melk."
Wat het ek uit die storie geleer?
* Goeie dade word altyd beloon.
* Volg jou droom na, ten spyte van jou omstandighede.
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Dokter,
Een minuut,
Inspirasie,
Les,
Motivering,
Storie,
Verhaal
Wednesday, 12 February 2025
Rosetta se goeie wense: Hoop
jou siel met geloof,
en jou binneste met vrede,
dan sal jou menswees
versadig wees met hoop.
Tuesday, 11 February 2025
Monday, 10 February 2025
Ruben se Valentynsdagidees en -wense
Liewe Maats
Ek hoor die opgewonde gefluister en gegiggel in die stil gange oor Valentynsdag. Ek vermoed dit gaan seker oor hare, klere en natuurlik ouens. Die meeste skole het een of ander Valentynsfunksie gereël en dis waaroor die getjie-tjie gaan. Ek hoor die kleintjies praat van 'n Valentynsfliek en die groteres praat van 'n Valentynsbal en dan is daar die sportiewes wat 'n Valentynsrugbywedstryd gereël het.
Ek hoor dat blomme, mooi beertjies, oulike versies, sjokolade en al daardie soort presente nie meer boaan die Valentynslysie is nie. Jy is glo nét die man as jy vir jou meisie data of lugtyd vir haar selfoon koop. Maats, ek weet nie waar ek agter geraak het nie, maar is dit romanties? Ek praat baie keer met myself om sinvolle antwoorde vir my probleme te vind en een van die onbeantwoorde vrae wat julle asseblief vir my moet antwoord is die volgende: Sê nou ek koop lugtyd, baie lugtyd vir die meisie wat ek in die oog het, want dis Valentynsdag en ek wil haar beïndruk en sy gebuik daardie lugtyd om ander ouens te bel. Is dit regverdig? Dan is ek mos in alle opsigte 'n verloorder. Ek het die meisie verloor, die data verloor, my geld verloor en die heel ergste ... ek het my hart verloor.
Op Petrusburg het tannie Baby die mooiste tuin gehad. Sy kon dit maklik vir die Bloemfonteinse tuinboukompetisie inskryf en dit wen ook, maar die beoordelaars sou definitief nie so ver uitry om net een tuin te beoordeel nie. Tannie Baby het 'n bos grys hare, groen vingers en 'n hart van goud gehad. Jy kon enige tyd van die dag of nag aan haar deur klop as jy 'n blomnood gehad het en sy tower vir jou 'n present uit haar tuin op wat 'n bloemiste moeilik sal ewenaar. Al die seuns op die dorp het geweet dat 13 Februarie 'n heeldag deeldag by Magrietjiestraat 10 is. Met haar breërand strooihoed en gewillige snoeiskêr in die hand, kon jy enige blom(me) vir jou meisie kies en met 'n yslike rooi strik en 'n "Baie dankie, tannie Baby," was jy reg vir 14 Februarie.
Ek het baie en diep gedink oor die feit dat meisies deesdae op ouens se gevoelens speel om die regte presente te kry. Dit grens vir my aan emosionele afpersing. Duur geskenke is nie die idee nie. Dit steel die pret en lag uit die dag. Daar is net een wenner en dis die winkels wat die duurste presente die aanlokste uitstal.
My dierbare maats, daarom wil ek graag hê dat julle my laaste brief weer moet lees en nog 'n keer moet lees. Daarin het ek al Valentynsidees neergepen. Ek noem weer 'n paar hartspresente waarvan die waarde toeneem, al besef ons dit nie nou nie. Ons kan vir ons ouers, juffrouens en huisouers 'n lekker drukkie gee, 'n opregte briefie skryf en dit sommer self versier. Skryf 'n mooi gediggie en as jy daarmee sukkel, vra vir oom Google. Dis nou een oom wat kan toor met woorde, eintlik is dit sy vriend Ka-Ie wat die woordtowerstaf besit. Stuur 'n WA-boodskap as jy data het of gee net vir iemand 'n mooi kompliment voor ander.
Maats, noem my maar outyds, maar hoe meer ons op hartsgeskenke konsentreer, hoe mooier tree ons teenoor mekaar op en hoe minder energie spandeer ons op stry, argumenteer en baklei.
Ek het 'n Valentynsgediggie vir Charlotte van die Sandwich Shop geskryf om vir julle 'n idee te gee en aan die dink te sit. Tommie dink egter dis nie'n watwonderse gedig nie. Volgens hom - te soetsappig. Ek sal baie ernstig aan sy hart moet werk.
* Vir jou ...
Die reënboog in die blou-blou lug,
skenk oorvloed kleur aan die lewe.
Jy is die reënboog in ons lewe.
Kleurvol, sprankelend en uitbundig!
Gelukkige Valentynsdag.
Tommie het gevoel 'n mens moet kruisrym gebruik, omdat so baie mense jou pad elke dag kruis. Hier is sy Valentynsgedig.
* Valentynsliefde
Liefde is mooi en raar,
Liefde is verdraagsaam,
Liefde is verdraagsaam,
regverdig en ‘n pragtige gebaar.
Liefde is die lewe se raam.
Hoop julle hou van ons pogings!
Liefde is die lewe se raam.
Hoop julle hou van ons pogings!
Onthou, wat julle ookal Vrydag, 14 Februarie, doen, doen dit in ROOI!!
Valentynsgroete tot 'n volgende keer.
Valentynsgroete tot 'n volgende keer.
* Ns. Dankie, oom Google!!!
Who I am Makes A Difference
A teacher in New York decided to honor each of her seniors in High School by telling them the difference each of them had made.
She called each student to the front of the class, one at a time. First, she told each of them how they had made a difference to her, and the class.
Then she presented each of them with a blue ribbon, imprinted with gold letters, which read, “Who I Am Makes a Difference.”
Afterwards, the teacher decided to do a class project, to see what kind of impact recognition would have on a community.
She gave each student three more blue ribbons, and instructed them to go out and spread this acknowledgment ceremony. Then they were to follow up on the results, see who honored whom, and report to the class in about a week.
One of the boys in the class went to a junior executive in a nearby company, and honored him for helping him with his career planning. He gave him a blue ribbon, and put it on his shirt.
Then he gave him two extra ribbons and said, “We’re doing a class project on recognition, and we’d like for you to go out, find some one to honor, and give them a blue ribbon.
Later that day, the junior executive went in to see his boss, who had a reputation of being kind of a grouchy fellow. He told him that he deeply admired him for being a creative genius.
The boss seemed very surprised. The junior executive asked him if he would accept the gift of the blue ribbon, and give him permission to put it on him.
His boss said, “Well, sure.” The junior executive took one of the blue ribbons and placed it right on his boss’s jacket, above his heart.
And then he asked, offering him the last ribbon, “Would you take this extra ribbon, and pass it on by honoring somebody else. The teenager who gave me these is doing a school project, and we want to keep this ribbon ceremony going and see how it affects people.”
That night, the boss came home and sat down with his 14-year-old son. He said, “The most incredible thing happened to me today. I was in my office, and one of my employees came in and told me he admired me, and gave me a blue ribbon for being a creative genius. Imagine! He thinks I am a creative genius! Then he put a blue ribbon on me that says, ‘Who I Am Makes a Difference.’
He gave me an extra ribbon and asked me to find somebody else to honor. As I was driving home tonight, I started thinking about who I would honor with this ribbon, and I thought about you. I want to honor you.
My days are hectic and when I come home, I don’t pay a lot of attention to you. I yell at you for not getting good enough grades and for your messy bedroom. Somehow, tonight, I just wanted to sit here and, well, just let you know that you do make a difference to me. Besides your mother, you are the most important person in my life. You’re a great kid, and I love you!”
The startled boy started to sob and sob, and he couldn’t stop crying. His whole body shook. He looked up at his father and said through his tears, “Dad, earlier tonight I sat in my room and wrote a letter to you and Mom, explaining why I had took my life, and I asked you to forgive me. I was going to commit suicide tonight after you were asleep. I just didn’t think that you cared at all. The letter is upstairs. I don’t think I’ll need it after all.”
His father walked upstairs and found a heartfelt letter full of anguish and pain.
The boss went back to work a changed man. He was no longer a grouch, but made sure to let all of his employees know that they made a difference.
The junior executive helped many other young people with career planning, one being the boss’ son, and never forgot to let them know that they made a difference in his life.
Please know that I think you are important, or you would not have received this in the first place.
Who you are does make a difference, and I wanted you to know that. I’m passing the blue ribbon to you.
Who I Am Makes a Difference
She called each student to the front of the class, one at a time. First, she told each of them how they had made a difference to her, and the class.
Then she presented each of them with a blue ribbon, imprinted with gold letters, which read, “Who I Am Makes a Difference.”
Afterwards, the teacher decided to do a class project, to see what kind of impact recognition would have on a community.
She gave each student three more blue ribbons, and instructed them to go out and spread this acknowledgment ceremony. Then they were to follow up on the results, see who honored whom, and report to the class in about a week.
One of the boys in the class went to a junior executive in a nearby company, and honored him for helping him with his career planning. He gave him a blue ribbon, and put it on his shirt.
Then he gave him two extra ribbons and said, “We’re doing a class project on recognition, and we’d like for you to go out, find some one to honor, and give them a blue ribbon.
Later that day, the junior executive went in to see his boss, who had a reputation of being kind of a grouchy fellow. He told him that he deeply admired him for being a creative genius.
The boss seemed very surprised. The junior executive asked him if he would accept the gift of the blue ribbon, and give him permission to put it on him.
His boss said, “Well, sure.” The junior executive took one of the blue ribbons and placed it right on his boss’s jacket, above his heart.
And then he asked, offering him the last ribbon, “Would you take this extra ribbon, and pass it on by honoring somebody else. The teenager who gave me these is doing a school project, and we want to keep this ribbon ceremony going and see how it affects people.”
That night, the boss came home and sat down with his 14-year-old son. He said, “The most incredible thing happened to me today. I was in my office, and one of my employees came in and told me he admired me, and gave me a blue ribbon for being a creative genius. Imagine! He thinks I am a creative genius! Then he put a blue ribbon on me that says, ‘Who I Am Makes a Difference.’
He gave me an extra ribbon and asked me to find somebody else to honor. As I was driving home tonight, I started thinking about who I would honor with this ribbon, and I thought about you. I want to honor you.
My days are hectic and when I come home, I don’t pay a lot of attention to you. I yell at you for not getting good enough grades and for your messy bedroom. Somehow, tonight, I just wanted to sit here and, well, just let you know that you do make a difference to me. Besides your mother, you are the most important person in my life. You’re a great kid, and I love you!”
The startled boy started to sob and sob, and he couldn’t stop crying. His whole body shook. He looked up at his father and said through his tears, “Dad, earlier tonight I sat in my room and wrote a letter to you and Mom, explaining why I had took my life, and I asked you to forgive me. I was going to commit suicide tonight after you were asleep. I just didn’t think that you cared at all. The letter is upstairs. I don’t think I’ll need it after all.”
His father walked upstairs and found a heartfelt letter full of anguish and pain.
The boss went back to work a changed man. He was no longer a grouch, but made sure to let all of his employees know that they made a difference.
The junior executive helped many other young people with career planning, one being the boss’ son, and never forgot to let them know that they made a difference in his life.
Please know that I think you are important, or you would not have received this in the first place.
Who you are does make a difference, and I wanted you to know that. I’m passing the blue ribbon to you.
Who I Am Makes a Difference
Have an awesome day, and know that someone has thought about you today!
And the young boy and his classmates learned a valuable lesson. Who you are DOES make a difference.
If you have anyone who means a lot to you, I encourage you to send him or her this message and let them know, here is the link you can copy: https://helpfulinspirationalblog.wordpress.com/who-i-am-makes-a-difference/
And the young boy and his classmates learned a valuable lesson. Who you are DOES make a difference.
If you have anyone who means a lot to you, I encourage you to send him or her this message and let them know, here is the link you can copy: https://helpfulinspirationalblog.wordpress.com/who-i-am-makes-a-difference/
You never know what kind of difference a little encouragement can make to a person.
Saturday, 8 February 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
"O, hy toer die hele wêreld vol. Hy's deesdae 'n reistas."
* "Ek wil graag 'n paar krokodilvelskoene hê," sê die klant in die skoenwinkel.
Assistent: "Sekerlik, Meneer. Watter grootte velskoene dra u krokodil?"
* Watter kant van die hoender het die meeste vere?
Die buitekant.
* Wat het die een hen vir die ander hen gesê?
"Lê, stil."
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 7 February 2025
Thursday, 6 February 2025
Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Februarie
Dis naweek! Kry al jou braaibenodighede by West End Vleismark!! Klik HIER vir meer inligting!
Onthou: GOED - BETER - WEST END
Drie minute dinkstorie: 'n Pa se oë
In Derde Laan staan ‘n klein huisie met 'n pragtige roostuin en 'n groot populierboom. Dit is hier waar Theo en sy pa gebly het. Hulle het alleen daar gebly, want sy ma is jare gelede al oorlede.
Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder. Theo se pa het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie. Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se pa was daar. Hy was sy seun se grootste aanhanger.
Ironies, Theo het nooit in ‘n wedstryd gespeel nie; hy was altyd die reserwe. Ná elke wedstryd was sy pa se woorde: “Miskien speel jy volgende keer.” Dan het sy pa altyd met sy arm om Theo se skouer daar weggestap.Sonder enige druk van sy pa se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee. Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.
Maar sy pa het steeds getrou al die wedstryde bygewoon. Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat ‘n tragedie Theo tref. Sy pa is skielik dood. Dit was vir hom ‘n baie groot skok. Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te word. Die afrigter het vir hom gesê: “Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis ‘n groot verlies wat jou getref het.”
Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op. Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra: “Meneer, kan ek asseblief vandag speel?” Die afrigter het gevoel dat hy met so ‘n belangrike wedstryd nie kon bekostig om ‘n swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel. Hy het geredeneer: Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy pa dood. Ek sal hom ‘n kans gee.
Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie. Na die tyd stap die afrigter na Theo: “Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre? Jy was briljant.” Theo het met trane in sy oë gesê: “Meneer, my pa is in die hemel. Meneer weet hy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was hy blind. Wel, vandag was die eerste keer dat hy my kon sien speel. Ek wou vir hom wys … ek kán speel!”
[Klik HIER vir nog inspirasieverhale.]
Wednesday, 5 February 2025
Advertensie: Besoek Sandwich Shop gerus in Februarie
Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Februarie by Sandwich Shop.
Verjaardagengele bestaan regtig
Drie verjaardagengele het vandag by ons kom kuier!! Ons opgewondenheidsmeter het gevaarlik in die rooi in beweeg. 'n Yslike groot DANKIE aan Charlotte en haar twee regterhande, Mercia en Liezel, van die *Sandwich Shop. Charlotte het onderneem om 2025 spesiaal te maak deur vir elke inwoner sy of haar droomverjaardagkoek te bak. Elkeen van hierdie koeke getuig van liefde, omgee en kreatiwiteit.
* Klik HIER vir meer inligting!
Rosetta se goeie wense: Die Bron
van blydskap
en van vriendskap.
Hy is ons wysheid.
Hy beskik oor alle mag.
Hy kan ons alles gee
wat ons nodig het,
wanneer ons dit nodig het.
Moenie die lewe alleen probeer aanpak nie.
Tuesday, 4 February 2025
Binnekringnuus: Masels maak moles
Interne korrespondent: As 'n mens masels het en skool en maatjies is op die taboemenu, dan skryf jy so 'n briefie wat jy onder die deur van tannie Christelle stoot, want dis die tannie in jou lewe met antwoorde en oplossings.
Monday, 3 February 2025
Sunday, 2 February 2025
Ruben is warm op die spoor van Februariemaand se doen en late
Januarie, die maand van nuwe dinge, lê op sy rug. Ons het reeds die deur vir Februarie oopgemaak - 'n maand propvol aktiwiteite.
Februarie blaas mos die beuel as dit kom by watter maand die rekord hou vir die hoogste temperature. Mensig maats, ons bak uit hier in die Noord-Kaap. Gelukkig is Februarie ook die kortste maand en is dit die grensmaand tussen somer en herfs. Ek moet erken ek wens vanjaar dat herfs en winter gouer sal kom. Maar tipies van ons spesie, sal ons weer iets anders kry om oor te kla.
Vandag wil ek met julle praat oor 'n ander aspek van Februarie. Februarie is mos Moedertaalmaand. Toe ek dit in die koerant lees dat Unesco dit op 17 November 1999 aangekondig het om onder andere veeltaligheid te bevorder, het ek dadelik aan my oupa Willie gedink. Kyk, oupa Willie was 'n man wat enige tyd vir die Valke kon werk of as 'n tolk in die hof sy woord gestand kon doen. Blafiaans is die amptelike taal van Petrusburg, maar oupa kan verskeie streekstale verstaan en praat. Ek is spyt dat ek nie na oupa Willie geluister het toe hy sê dat 'n mens nie net jou moedertaal moet kan praat nie. Geen hond kan van hom skinder nie, Toypommees, Labradees, Maltees, Pekinees en enige variant van Terriaans val goed op oupa se oor.
Op 21 Februarie gaan die hele wêreld Wêreldmoedertaaldag vier. Maar ons hier by Christina Kiddie gaan dit anders doen. Ek wil hê dat jy wat hier lees, vir my 'n gedig in jou moedertaal moet skryf. Julle kan dit onderdeur tannie Christelle se deur skuif. Ek sal dit met haar reël. Of e-pos dit sommer vir my of skryf jou gediggie by die kommentaarafdeling. Ek sal gereeld daar gaan loer.
Tommie blaf hier van die kantlyn af dat julle groot moet gaan met julle gedigte. Ek sien hy raak deesdae baie hans.
Ek wonder wie van julle luister nog radio. Ek het netnou gou vir ouma Annie gebel, om te hoor hoe dit met die Vrystaters gaan. Toe vra sy my om 'n bietjie later te bel, want sy en oupa luister na RSG se boekvoorlesing en hulle wil niks mis nie. Dit was vir my nuus. Ek gaan Google toe die belangstelling in radio en val amper op my rug. Besef julle maats dat daar wêreldwyd ongeveer 44 000 radiostasies is. In Suid-Afrika is daar 248 gemeenskapstasies en 40 kommersiële uitsaaistasies. Ek dink ons staar ons so blind teen die vierkantige kassie in die speelkamer en die klein skermpie in ons hand, dat ons vergeet dat daar 'n wêreld vol kennis op lug is. Hoekom soveel prysgesange vir die radio?
13 Februarie is Wêreldradiodag. Nog iets wat ek eers vandag geleer het. Ek het net geweet van Valentynsdag toe ek op skool was.
Wel, Februarie is vir eeue die maand van liefde, omgee en spesiale dankies. Kom ons maak vanjaar deeglik daarvan gebruik. Valentynsdag in aksie hoef nie vir jou 'n sent uit die sak te jaag nie. Sê dankie met 'n drukkie vir julle huisouers en omgeepersoneel wat dinge vir julle soveel makliker probeer maak. 'n Briefie of kaartjie in eg Valentynse styl kan anoniem by die tafelsitplek gesit word en 'n mooi hartsgediggie is nie te versmaai nie. (Ek bied met liefde my digterlike hulp aan!!)
En onthou, wat jy ookal doen op 14 Februarie, doen dit in ROOI!!
Rooi Ruben-groete tot 'n volgende keer!
Die vurk
‘n Jong meisie is met ‘n terminale siekte gediagnoseer. Menslik gesproke het sy nog drie maande om te leef. Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry. In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees.
Toe die predikant groet, onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is. “Daar is nog iets, Dominee.” “Wat is dit?”
“Ek wil graag met ‘n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.”
Die predikant lyk verdwaas. “Wat ‘n eienaardige versoek”.
“By die restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word, gefluister: “Hou jou vurk.” Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokoladekoek of besonderse appeltert. So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand. Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor is dit?” Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, as jou saak met die Here reg is, kom die beste nog.”
Met trane in sy oë groet die leraar. Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals. Selfs beter as hy. Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis. Sy WEET iets beter wag op haar, want haar saak met God is reg.
By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?” En hy glimlag net. In sy boodskap verduidelik die leraar die meisie se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer. Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly.
“Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.”
Hy was reg. En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou: As my saak met God reg is, is die beste nog op pad!!!
Toepassing:
Koester die tyd wat jy nog gegun word. Maak seker jou saak met God is reg. Jesus sê in Joh 14:6 “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, NIEMAND kom na die Vader toe behalwe deur MY nie”.
Die beste wat voorlê kan NET joune wees as jou saak met God reg is! DAN lê die beste deel nog vir jou voor!
Hou jou vurk gereed kind van God ... Die beste lê nog voor!!!
[Dankie, Babsie, dat jy vir ons herinner aan dié belangrike verhaal van Die vurk.]
Saturday, 1 February 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
Ons bly in 'n woonwa.
* Het jou hond 'n stamboom?
Nee, hy gebruik sommer enige boom?
* Wat is die verskil tussen 'n hond en 'n vlooi?
Honde kan vlooie het, maar vlooie kan nie honde hê nie.
* Watter soort honde hou Dracula aan?
Bloedhonde
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Subscribe to:
Posts (Atom)