Sunday 11 February 2024

Gedig: Is dit jou vriend?

Is jou vriend die breker in die skool wat
nie tyd het vir die klein outjies nie,
met die onderwysers bots en daaroor lag
en altyd iets gewaags aanvang?

Is jou vriend die voorbok wat jou aanpor
om 'n dop of 'n skyf of 'n pot te neem en
jou uitlag as jy nee sê?

Is jou vriend die ou met die gladde mond
wat op ander skree en vloek
hulle met woorde afknou en verneder,
en sy pad deur die wêreld ooplieg?

Is jou vriend 'n spotter
wat fout vind met jou ouers en
julle huisreëls belaglik laat lyk?

*****

'n Wyse mens kies sy vriende versigtig.
Hy kies nie vriende wat hom die afgrond
in sleep nie,
maar vriende wat saam met hom
die regte lewenspad loop!! 

No comments:

Post a Comment