Saturday 20 January 2024

Nood leer bid ...

Miskien sal dit dalk meer gepas wees om te sê dat 'n benoude kat benoude spronge maak ...

'n Jongman was in die laat 80's só raadop om werk te kry, dat hy laat een Vrydagmiddag 'n leë passasiersvliegtuig by 'n lughawe in Amerika "geleen" het! Hy was net 19 jaar oud, en het nog nooit 'n vliegtuig geloods nie, maar hy het op die lughawe geboer, waar sy pa 'n gerespekteerde loods was. Hy het ook in sy vrye tyd gesofistikeerde vliegtuig-rekenaarspeletjies gespeel.

Hy het ’n wilde lugvertoning uitgevoer. Op ’n stemopname kon gehoor word hoe die jongman naderhand sy kommer uitspreek oor die brandstofhoeveelheid wat die vliegtuig het.

Toe vra of hy ook ’n kurktrekkerrol (barrel-roll) moet doen, en of die lugredery hom permanent sal aanstel indien hy die vliegtuig weer veilig land! Hulle was só raadop van kommer oor die vliegtuig, (én natuurlik die jongman), dat hulle bevestig het dat hulle hom sou aanstel indien hy dit regkry om veilig te land. ('n Versekering wat soos musiek in die ore van die jong man geklink het.)

Die jongman het ernstig tot God gebid om hom, al wéét hy hy het verkeerd gedoen, sou help om veilig te land. Ná 'n vinnige "Amen, dankie my Vader!" het hy op ’n nabygeleë eiland die perfekte noodlanding gedoen!

Die polisie het dit nie as ’n terroriste-insident gesien nie aangesien die jongman plaaslik, en ook aan hulle bekend was. 

Hierdie is beslis een van daardie DO NOT TRY THIS AT HOME-truuks! Maar wat toe goed uitgewerk het vir die jongman.

Die punt is dat jy ernstig moet wees as jy werk soek, altyd bereid wees om 'n plan te maak, sorg dat iemand kan sien hoe goed jy is in wat jy doen (jy hoef dit nie op hierdie waaghalsige manier te doen nie), maar op die regte tyd sal jy kry wat jou toekom. Dra hierdie gedagte elke dag saam met jou. Glo dat daar vir elke onoorkoomlike probleem wel 'n antwoord is

No comments:

Post a Comment