Wednesday 31 January 2024

Bekendstelling van "Maalkolk van gevoelens"


'n Heerlike bederf-geleentheid in die hartjie van die Noord-Kaap. 'n Digbundel uit die stal van Turksvy Uitgewers word eerskomende Woensdag bekendgestel.

Vriende en belangstellendes kan Ina van Vuuren se digbundel, Maalkolk van gevoelens, warm van die pers af, by hierdie geleentheid aanskaf. 

Poësie is só verrykend en 'n kans om saam met die digter te kuier, is 'n bonus. Digters sê dikwels dat die skryf van gedigte  'n emosionele proses is. 'n Stukkie van die digter se siel word met die leser gedeel.

Klik op die program om die oggendgebeure duidelik te sien.

Klik HIER om een van die gedigte uit die bundel, Maalkolk van gevoelens, te lees.

Klik HIER om meer van Turksvy Publikasies te wete te kom.

No comments:

Post a Comment