Tuesday 8 September 2020

Internasionale geletterdheidsdag

Lees oefen jou brein
Hoe meer jy lees hoe minder spelfoute sal jy maak. Dit bou ook sommer jou konsentrasievermoë.
Lees laat jou rustiger voel
Afhangende natuurlik van wat jy lees.

Lees verryk jou taal en woordeskat.
Skrywers gebruik woorde wat jy kan byvoeg by jou bestaande woordeskat. Lees altyd iets wat jou bietjie uitdaag.

Lees verbreed jou kennis
Mense kan nooit jou kennis van jou wegneem nie. So bou elke dag 'n bietjie aan jou algemene kennis.

Lees verbeter jou skryfvaardighede
Dink aan al daardie opstelle wat jy in die skool moet skryf.

Lekker gratis ontspanning en vakansie
Jy kan in jou kop reis net waarheen jy wil en jy hoef nie 'n sent vir petrol uit te haal nie.
Lees ontwikkel jou kreatiwiteit
Baie goeie idees - miskien kry jou toekomsdroom ook sommer so 'n hupstootjie uit 'n boekidee uit.
Lees word 'n lewenslange vriend
Lees bly een van jou heel beste vriende - eensaamheid is nie deel van jou woordeskat nie.
Lees maak van jou 'n ryker mens as die een wat nie lees nie. Lees verander jou toekomsvisie en maak van jou wenmateriaal - selfs daar waar dit onmoontlik lyk, word dinge moontlik. Word 'n leser en bly 'n leser. 

No comments:

Post a Comment