'n Ou uil het elke dag in sy groot eikeboom gesit en na die wêreld onder die boom gekyk. Niks het sy groot oë ontglip nie. Hy het dinge gesien wat hy nie kon glo nie. Hoe meer dinge hy gesien het, hoe minder het hy gepraat. Soggens vroeg as die ander voëls hulle vere regskud om hulle oggendlied te sing en sommer so ‘n paar skinderstories in te gooi, het ou uil niks gesê nie. Hy het ook mense hoor praat en hulle soms skokkende stories gehoor. Die ou uil het meer gesien en gehoor omdat hy nie so baie rondgevlieg en rondgekuier het nie. Al hierdie ondervindinge het die uil gehelp om dag vir dag wyser te word.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?Praat minder en wees meer oplettend – op hierdie manier sal jy ook wys word.
No comments:
Post a Comment