'n Man wat op ‘n klein stukkie grond buite die stad gebly het, het 'n gans gehad wat een goue eier per dag gelê het. Hy het die goue eiers elke Saterdag op die mark gaan verkoop, en hy en sy vrou het 'n gemaklike lewe geniet.
Die man het daaraan gedink dat as hy meer as een goue eier per dag uit die gans kan kry, sal hy mos skatryk kan word. Hy het sy plan aan sy vrou verduidelik en sy het dwaas ingestem tot sy sogenaamde briljante idee van vinnig ryk word. Die volgende dag het die man die gans oopgesny nadat sy die goue eier gelê het. Hy kon egter niks anders sien as net bloed en ingewande nie. Hy het sy fout besef. Maar dit was te laat Hy en sy vrou het nou geen bron van inkomste meer gehad nie, en die egpaar het by die dag armer geword.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?* Dink voordat jy optree – moenie dwaas optree nie.
No comments:
Post a Comment