Sunday 31 March 2019

My naam is SKINDER ...


Ek breek harte en ruïneer lewens. 

Ek is agterbaks en meedoënloos en hoe meer ek oorvertel word, hoe meer glo mense my. My slagoffers is hulpeloos en kan hulself nie teen my verdedig nie, want ek laat ander my vuilwerk vir my doen en hulle val telkens daarvoor. Ek het baie gesigte en name en laat geen geleentheid verbygaan om ‘n storie om te draai, stertjies by te las of sommer nuwe stories op te
maak nie. 

My aanhangers sit en wag om alles gretig op te raap en te versprei, want hulle is geweldig lojaal. Hulle hou daarvan om my, en dus ook hulself in die kollig te hou. Hulle is te naief om agter te kom dat hulle my voed en gelukkig hou met hul onsekerhede oor hulself, want hulle trap telkens in my strik.

Ek is niemand se vriend nie, want sodra ek iemand se reputasie geruïneer het, sal dit nooit weer dieselfde wees nie. Ek het al regerings tot ‘n val gebring, loopbane en drome geruïneer, mense slapelose nagte, hartaanvalle, hoofpyne besorg en selfs al ‘n paar mense tot moord en selfmoord gedryf. Ek het al soveel huwelike, verhoudings en vriendskappe opgebreek dat ek nie eers meer telling hou nie.

Ek mors met mense se emosies en speel met hul gevoelens. Ek laat mense snags hul kussings nathuil. Ek haal soms die hoofopskrifte in koerante en ek het geen gewete nie. Ek is jaloers as iemand gelukkig, mooi of goed is en dan slaan ek toe met alles binne my.

My naam is SKINDER en ek het geen respek vir geregtigheid of die waarheid nie.

Voor ‘n storie oorvertel word, vra jouself die volgende: Is dit waar? Is dit onskadelik? Is dit nodig?

No comments:

Post a Comment