Friday 16 June 2023

Koester Karos bied 'n heerlike kuiergeleentheid

Kom ontdek al die heerlike artikels op Koester Karos. Daar is 361 artikels en 36 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Aan die regterkant is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.

Bogenoemde statistiek is slegs die getalle vir die afgelope maand. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers is, is die inspirasiestories.


Klik HIER om 'n vinnige draai by inspirasiestories te maak. 'n Ander interessante besoekpunt is die inkleurprente vir kleintjies. Klik HIER vir die prente en HIER vir papierbordidees.


Na al die jare is Die verhaal van die potlood nog steeds baie gewild. Dit het Maandag, 2 Juie 2018, op Koester Karos verskyn en hierdie afgelope maand was dit 140 besoek. Klik HIER om die storie van die potlood te lees. 'n Mens kan sien dat Vadersdag om die draai is, want een van Vadersdag se plasings is al 42 keer besoek.  Klik HIER om na die verhaal van die twee vissies en die vyf broodjies te luister.

'n Week terug  was daar 27 000 e-besoek en vandag staan die e-kuiers op 30 000. Dit is 'n riem onder die hart dat hierdie Noord-Kaapse Koester Karos sy naam gestand doen.

'n GROOT dankie vir elke getroue leser, elkeen wat só gereeld artikels, foto's, idees vir kinders en boodskappe instuur. Die gereelde terugvoering is nodig sodat ons in voeling met ons e-kuiergaste kan bly. Vandag het daar weer 'n 1000+ mense kom inloer en sê ons 30 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com

No comments:

Post a Comment