Tuesday 22 March 2022

'n Stokperdjie vir die vakansie

Hi julle maatjies in die Noord-Kaap

My naam is Portia Kgopodithata. Ek is 9 jaar oud en die 9de April word ek 10 jaar oud. Ek is in Aurora Primêre Skool in Welkom. Vakansies kan baie lank raak as 'n mens niks het om te doen nie en waar ons bly, is daar nie baie maatjies nie. Maar ek het 'n heerlike stokperdjie. Ek herwin papier. So,ek help sommer die aarde met hierdie projek van my en ek help van die kleiner plattelandse skooltjies in die Noord-Kaap waar dit so baie droog is en waar die inwoners swaarkry. Skryfbehoeftes en skoolboeke is duur. Ons moet alles self koop.  

Ek maak boekies en dan plak ek 'n oulike plakker en 'n naamplakker op, voordat ek dit vaskram. Dit vat nogal lank om by die eindproduk te kom,
maar ek hou baie daarvan. Ek het verlede jaar amper 'n 1000 boekies help maak, maar hierdie jaar is ek alleen. Ek gaan die boekies tel en later vir julle laat weet hoeveel ek al sover gemaak het.
Ek probeer om elke dag meer boekies te maak as die vorige dag. Ek begin sommer al 8 uur in die oggend, maar so 'n dag kan lank raak hier na 5 uur se kant toe. Maar ek hou daarvan.

Geniet julle vakansie en onthou om iets vir die aarde te doen - ons moet almal groen dink.




No comments:

Post a Comment