Monday 29 June 2020

Geseënde dag

Die Here is my Tracker
Hy weet waar om my te kom haal
Hy is my versekering
het vir al my glipsies betaal
Hy is my GPS
wys my waar ek moet gaan
en my Roadside Assist
in geval ek sou gaan staan
die Here is my Armed Response
veiligheidshek en ook diefwering
Hy beskerm my teen versoeking
en bring my tot bekering
die Here is my gastehuis
by wie ek rus kan vind
en Hy gee vir my ‘n flitslig
as die duister my verblind
al gaan ek deur depressie
en verkeer ek soms in nood
weet ek my Verlosser kom weer
Hy het reeds oorwin oor die dood!

[Dankie, René Brits dat jy hierdie met ons deel.]

No comments:

Post a Comment