Saturday, 22 November 2025

Ruben-humor: Allegaartjie

* Wat noem jy 'n hond wat kulkunsies doen?
'n Labrakadabrador 

* Wat eet rekenaars vir 'n versnapering?
Mikroskyfies!

* Hoekom het die man met net een hand die pad oorgesteek?
Hy wou by die tweedehandsewinkel uitkom.

* Wat het die 0 vir die 8 gesê?
Oulike belt.

Thursday, 20 November 2025

Ruben se een minuut storie: Vat hom, Jakkals, die ryperd


Jakkals is sommer smoorkwaad vir Hasie, want hy het stories by mevrou Jakkals gaan aandra, en nou het sy haar man die huis belet. Jakkals wil vir Hasie terugkry. Maar Hasie het baie planne. Op ‘n dag hoor hy Jakkals suutjies in die paadjie draf. Toe gaan lê hy in die bossies en kreun.

“Ha! Nou het ek jou, Haas,” sê Jakkals, en hy wil net spring, maar Hasie antwoord met ‘n swak stem: “Vat my maar, Jakkals. Ek is te siek om te vlug. Tel my op jou rug, dan dra jy my huis toe.”

En Jakkals dink dis glad nie so ‘n slegte plan nie. Nou sal sy vrou sommer weer vir hom goed word as hy met ‘n lekker stuk haasvleis daar aankom. Jakkals laat loop in die paadjie af, en Hasie moet net klou.

“Jakkals, Jakkals!” roep hy later, “Die vlieë pla baie. Pluk tog vir my ‘n taaibostakkie dat ek hulle kan wegjaag.”

“Ai, jy is lastig,” sê Jakkals, en hy gaan pluk maar.

Toe hulle nog van ver af na Jakkals se huis toe aankom, staan sy vrou al op die stoep om te kyk wat haar man hier kom soek. “Vrou, vrou!” roep Jakkals. “Ek het vir jou ‘n lekker vet haas gebring.”

Maar kyk, nou sit Hasie regop, en die pyne is skielik uit sy lyf, en die taaibostak is ‘n lat. “Vrou, vrou!” koggel hy Jakkals, “Ek het vir jou ‘n lekker vet jakkals gebring!” En die lat gesels oor Jakkals se blaaie, en Jakkals bokspring en galop. Toe wip Hasie van sy rug af en verdwyn lag-lag in die bossies.

“Nee, so ‘n treurige man wil ek nie hê nie,” sê mevrou Jakkals. “Waar het jy al van ‘n jakkals gehoor wat hom deur ‘n haas laat ry? Maak dat jy wegkom hier voor my oë!”

Arme Jakkals moes maar die aftog blaas, want sy vrou is regtig kwaad vir hom.

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies uitgesoek en oorvertel deur Pieter W. Grobbelaar. Klik HIER vir tonekrulstories!

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Moenie as iemand iets slegs aan jou gedoen het, hom wil terugbetaal nie. Jy gaan beslis tweede kom.
* Moenie lelike stories van iemand versprei nie - een of ander tyd gaan dit jou inhaal.

Wednesday, 19 November 2025

Rosetta se goeie wense: "n Seker wete ...

Jou Vader is getrou in sy liefde en beskerming teenoor jou. Dit is sy belofte aan ons. Gaan leef vandag en elke dag hierna met dié stuk vrede in jou hart. Hou my styf vas, asseblief, Here.

Saturday, 15 November 2025

Ruben-humor: allerlei vrae

* Hoekom leef party visse in soutwater?
Want peperwater sal hulle laat nies.

* Hoekom is koalas nie regte bere nie?
Hulle het nie al die koala-fikasies nie.

* Het jy die grappie gehoor oor die koppie tee?
Dit was maar flou!

*  Ädriaan, hoekom het jy jou teddiebeer in die vrieskas gesit?
"Omdat ek 'n ysbeer wil hê." 

Thursday, 13 November 2025

Ruben se breinbrekers

1. Mnr. Johnson is 45 jaar oud en sy seun 13. Oor hoeveel jaar sal mnr. Johnson 3 keer so oud soos sy seun wees?

2. Lerato en Ken het albei hamsters. As Ken een van sy hamsters vir Lerato gee, het hulle albei dieselfde aantal hamsters. Maar as Lerato een van haar hamsters aan Ken gee, het hy tweemaal soveel hamsters as sy. Hoeveel hamsters het elkeen?

3. Kan jy deur slegs die syfer 8 te gebruik, 'n som maak met die antwoord van 1 000.  

Probeer eers self die antwoorde uitwerk voordat jy na die antwoorde hieronder kyk.

ANTWOORDE

1. Oor 3 jaar. Mnr. Johnson sal dan 48 wees en sy seun 16.

2. Lerato het 5 hamsters en Ken het 7. As Ken een van sy hamsters aan Lerato gee, het sy ses. Gee Lerato een aan Ken, het Ken 8, dus dubbeld soveel as Lerato wat net 4 oor het.

3. 888 + 88 + 8 + 8 + 8 = 1 000

Wednesday, 12 November 2025

Rosetta se goeie wense: Byt vas ...

Byt vas, liewe mens! Onthou altyd dat die Here sterk is juis wanneer jy swak is en dat Hy jou vashou wanneer jy laat los.

Tuesday, 11 November 2025

'n Volle handvol kersies

Die week begin sommer met 'n verjaardagmaatjie. 'n Heerlike seuntjiekoek word in die eetsaal vir *Johan gegee en blikke van bewondering swiep oor die koek. 

'n Koek met 'n ruwe Safari-roete en vier karretjies daarop is die rede vir 'n vyfjarige seuntjie se sterre in sy oë.

Daar is geen twyfel dat sy verjaardag 'n baie spesiale dag op sy 2025-almanak is nie.

In Ruben se woorde: "Vreugde vir jou nuwe lewensjaar!" 

Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais


 

Monday, 10 November 2025

Binnekringnuus: Matilda Muis

Interne korrespondent: Matilda Muis het 'n besige dag agter haar blad. Gelukkig kan sy helpers uitstuur om haar te help. Sy loop elke aand baie laat op haar tone van kamer tot kamer om in elke inwoner se skoen te loer of daar dalk 'n tandjie is. Dan, net om seker te maak dat sy nie iewers 'n fout gemaak het nie, stuur sy haar helpers uit om te gaan seker maak. Hulle is nog nie so ervare nie en eintlik is Matilda Muis besig om hulle in die tandebesigheid op te lei. 

Eerstens is dit belangrik om baie saggies op hul tone te loop. Daarom hulle oefen elke dag na ontbyt in die kombuis om saggies te loop. En as Matilda Muis net 'n effense geluidjie hoor, moet hulle van vooraf begin. Die groot geheim vir 'n tandemuisagent lê in hoe hy loop.

'n Ware tandemuis beweeg onhoorbaar - en dit verg baie oefening en baie geduld.  

Die tweede belangrike punt om te onthou is om altyd waaksaam te beweeg. Matilda Muis wil nie hê dat een van haar agente katkos of hondekos moet word nie. By Christina Kiddie is dit werklik 'n uitdaging om lewend van jou sending af terug te kom. Met Ruben, die hoof van sekuriteit en sy energieke kleinboet, Tommie, is elke sending 'n nagmerrie. Dan is daar natuurlik Krummels - gelukkig slaap Krummels die meeste van die tyd voor die televisie en is sy minder van 'n gevaar as haar Petrusburg-huisgenote. 

Die derde belangrike punt is om te onthou in watter skoen jy die tandjie gekry het, want die briefie en geldjie moet by die regte persoon afgelewer word. En deesdae met die skoolskoene wat almal eenders lyk, is dit ook 'n uitdaging. 

So lei Matilda Muis haar melktand-agente op met die presisie van 'n AI-robot.
 

Sy skryf elke briefie self. Sy hou daarvan om nog steeds persoonlike kontak met haar klante te hê. Dan neem sy een van die jongelinge saam met haar as sy die briefie in 'n skoen gaan sit, met die monetêre waarde styf in haar regterpoot vasgeklem.

Gister moes een van die inwoners se kiestand getrek word. Matilda Muis het hom só jammer gekry, maar was terselftertyd baie opgewonde. Dit was regtig 'n groot tand vir 'n tienjarige outjie. Sy wou vir hom 'n ekstra geldjie gee om te kompenseer vir die pyn, maar toe besef sy dat daar 'n yslike gat in die tand is en toe is sy reguit tuin toe met daardie tand. Matilda het haar hen-met-die-kuikens in daardie tand geplant en op haar voorstoep gesit.

André se tandjie was 'n spierwit gesonde tandjie en sommer baie werd vir Matilda. 

Sy het vir elkeen 'n briefie geskryf en die geld in 'n sakkie gesit en vir haar melktand-agente gevra om baie subtiel die sakkies by die onderskeie huismoeders te gaan afgee.

Groot was tannie Christelle se verbasing toe die twee skenkers vir haar kom vertel van die briefies en die geld wat Matilda Muis in die sakkies gesit het. 

'n Bewys dat tandemuise bestaan en aktief agter die skerms werk.   

Sunday, 9 November 2025

Ekstra klasse voor die eindeksamen!


Skoolhoof van Christina Kiddie Primêre Skool aan die woord:
"Ons het besluit om d
ie skool toe te rus met 'n alarmstelsel en CCTV-kamerastelsel voor die skool se formele opening. Sekuriteitskameras in skole en publieke areas het die hedendaagse norm geword. Leerders voel veiliger en ons het lankal aanvaar dat kameras deel van ons daaglikse lewe is. Dit is met groot genoegdoening dat ons kan sê dat op dag 2 het die leerders reeds vroeg al ekstra klasse bygewoon om hulle punte vir hierdie eksamen 'n hupstoot te gee. Sommer hope sterkte vir julle eksamen en mag julle die vrugte van julle harde werk pluk."  

Foto's: Christelle Hattingh

Nuwe skool in Kimberley: Die Christina Kiddie Primêre Skool

Ontmoet die skoolhoof en adjunkhoof van Christina Kiddie Primêre Skool
Die veelsydige sekretaresse en van die leerders!
Een van die onderwyseresse en kinders hard aan die werk!
Die kinders hard (en minder hard) aan die werk!

Foto's: Christelle Hattingh

Love and respect your both parents

What is the difference between a mother and a father?
* A mother carries you in her womb for 9 months.
* A father carries you on his shoulders for his entire life, even if you don’t notice it.
* A mother makes sure you are full with food and care.
* A father teaches you how to be prepared and strong so that you don’t go hungry, although it may take you a long time to understand.
* A mother breastfeeds and nurtures you from her breast.
* A father carries you on his back, even if you don’t always see it.
* A mother’s love is felt by you immediately from the day you are born.
* A father’s love is understood better when you become a father yourself, so wait with patience and understanding.
A mother is priceless, and a father cannot be replaced even by time.

Mothers and fathers are both important and have their own unique way of showing love.
Their love brings strength and hope to our lives ...
Love and respect your both parents.

Saturday, 8 November 2025

Ruben-humor: Anderste raaisels

* Wat kry jy as jy 'n yskas en 'n kitaar kruis?
Baie cool musiek.

* Wat kry jy as jy 'n vampier en 'n onderwyser kruis?
'n Klomp bloedtoetse.

* Wat kry jy as jy 'n muishond en 'n windhond kruis?
Iets wat met 'n stinkspoed hardloop.

* Wat kry jy as jy 'n ystervark en 'n skaap kruis?
'n Dier wat sy eie truie brei.

Thursday, 6 November 2025

Ruben se een minuut storie: Die padda en die muis


'n Tienermuis was moeg om sy pa in die tuin te help en het besluit om na avontuur langs die oewer van die rivier te soek. Hy het geweet waar padda woon en in daardie rigting gehardloop. Toe die padda die muis sien, het hy na die oewer geswem en gekwaak: "Is jy nie lus om my te besoek nie? Ek belowe jou dat jy dit sal geniet. Ons kan TV kyk, rekenaarspeletjies speel of sommer net sit en gesels of beter nog, ons kan kyk wat aan die oorkant van die rivier aangaan."

Die muis het nie veel oorreding nodig gehad nie. Hy voel juis so ingehok daar by die huis. Sy ouers is baie streng en hy word nie toegelaat om in die straat rond te loop nie. Hy mag ook nie by sy maats gaan kuier as sy ouers nie hulle ouers ontmoet het nie. Nee, regtig, wat te erg is, is te erg. Hy is nou al mooi groot, maar dis nie asof sy ouers só dink nie. Ja-nee, hy sal regtig meer wil sien van die wêreld oorkant hulle. Gelukkig kan hy darem so 'n bietjie swem, maar hy is dankbaar padda het hierdie voorstel gemaak, nou hoef hy nie 'n kans te vat om alleen aan die anderkant te kom nie.

Wat hy ook nie van sy ouers verstaan nie - hulle het hom gewaarsku om van padda af weg te bly, maar eerlikwaar hierdie is die gaafste en hulpvaardigste ou wat hy nog ontmoet het. Miskien kan hulle goeie vriende word. 

Maar padda het 'n plan gehad - 'n nare plan. 

Hy het muis se been met 'n taai riet aan sy eie been vasgemaak. Toe spring hy in die rivier en sleep sy dwase metgesel saam. Padda lag heerlik in sy mou. Dit kom nou daarvan as jy nie na jou ouers luister nie. Tieners is die maklikste prooi en hulle vleis is so sag, hy hoef dit nie eens te kook of te marineer nie.  

Muis het gou genoeg hiervan gehad. Hy voel 'n bietjie onrustig. Hy besluit hy wil liewer terug en vra vir padda om om te draai. Padda het egter ander planne gehad. Hy trek dadelik vir muis onder die water af en verdrink hom. Maar voordat hy die riet kon losmaak wat hom aan die dooie muis vasgebind het, het 'n valk oor die water gevlie. Toe die valk die muis se liggaam op die water sien dryf, het hy afgeduik, die muis gegryp en dit weggedra, met die padda wat aan muis se been hang. So het valk as wenner uit die stryd getree. Met een duikslag vang hy muis en padda vir aandete.

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Tieners weet nie so baie soos wat hulle dink hulle weet nie.
* Ouers is streng ter wille van hul kinders se veiligheid.
* Die mense daarbuite is nie so eerlik soos wat hulle voorgee om te wees nie.
* Ouers waarsku kinders omdat hulle weet van die gevare buite.
* As jy vir iemand anders wil benadeel, word jy in dieselfde wip gevang. 

Wednesday, 5 November 2025

Rosetta se goeie wense: Verander is selde maklik


Is jy in 'n groef?
En dit is selde welkom, 
maar is soms absoluut nodig.
As daar geen veranderings in jou gemaak word nie, 
kan jy altyd in 'n groef bly.
Groewe word dieper en dieper en moeiliker om daar uit te kom.
Jy wil nie regtig in 'n groef verval 
totdat jy in 'n graf beland nie?
Want die enigste verskil tussen 'n groef en 'n graf is die afmetings ...

Tuesday, 4 November 2025

Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais

Resep: Tommie deel nog 'n ouma Annie resep - Soetkoekies

Ek en ouma Annie is spreekwoordelik weer op goeie poot. Ek het besef ek het nie my belofte nagekom nie en het weer by ouma Annie gaan kuier om die saak op te klaar. Dis so lekker om hierdie spesiale verhouding met ouma te hê en die beleid by Koester Karos is juis om die verhouding tussen kleinkinders en grootouers te koester

Ek en ouma het 'n hele baksel soetkoekies gebak en hierdie deeg kan op 'n verskeidenheid maniere aangepas word sodat die nederige soetkoekie steeds 'n plekkie op vandag se moderne tafel kan kry. Ek plaas volgende maand so 'n paar variasies. Hierdie deeg is 'n wenner!! En daarom plaas ek vandag ouma se soetkoekieresep met 'n lekker hart.

Bestanddele:
6 koppies meel
2 koppies suiker
2 teelepels kremetart
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel vanielje
1 koppie botter (250 g)
4 eiers

Metode:
Klop botter en suiker tot room.
Sit eiers een vir een in en klop goed na elke byvoeging,
Gooi geursel in.
Sif die meel en voeg by.
Voeg rysmiddels by.
Voeg ekstra meel by indien deeg te slap is.
Bak teen 180°C tot koekies gaar is (ongeveer 15 minute).

Wenk:
Ouma Annie klits haar botter eers alleen en dan voeg sy die suiker by en klits dit tot dit donsig geel is.

Geniet dit en gaan groot!!!

Sunday, 2 November 2025

Die storie van die Coca-Cola blikkie

Dorothy Martin sê: Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees na hierdie boodskap nie. Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat nie. Hoop julle geniet dit wat hy raakgesien het, want ek het. Hy was 'n regte Jesus-kind en 'n voorbeeld vir ons almal.

Die storie van die Coca-Cola blikkie:
Hierdie stukkie goeie nuus is ter nagedagtenis aan Abrie de Bruin. Abrie is op 16.07.79 gebore en oorlede 28.02.92. Hy was maar 13 jaar oud toe hy deur 'n motoris doodgery is. 'n Dag voor sy tragiese dood, het hy die volgende nota op sy lessenaar gelaat:
Hoeveel Coca-Cola's het jy al gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie?
Wel hier is die storie:
"Die rooi stel die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die sonde wat jy doen.
Die wit is reinheid, wanneer jy jou sonde bely dan word jy rein."
Coca-Cola staan vir die volgende:
C-Come
O-on
C-children
A-Accept
C-Christ
O-our
L-Lord
A-Amen
Die woorde Coke staan vir:
C-Christus
O-ons
K-Koning
E-Ewig

Agterop is daar 340 ml - in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy jou tot die Here moet bekeer.
As jy dit doen, dan gooi jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop. Dan is jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is, dan kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy skud dit en maak dit dan oop, dan kook hy oor - so is dit ook as jy tot bekering kom; dit borrel binne in jou."

Hierdie was die laaste woorde van 'n jong kind wat Jesus in alles raakgesien het.
Mag jy vandag God se genade en liefde ervaar 
en dit met ander deel.

[Dankie, Chrisna, vir hierdie besondere storie wat jy vir ons aangestuur het.]

Statistiek: 110 000 e-besoeke van lojale e-lesers

Saturday, 1 November 2025

Ruben-humor: Tannie Liz se ongewone raad

[Hierdie wysheid kom uit my Petrusburg-dae uit!] 

* 'n Wyse man het eenkeer niks gesê nie.

* Die lewe is kort. Glimlag terwyl jy nog tande het.

* Die donkerste uur is net 60 minute lank.

* Skop jou skoene uit en ontvriend jou vrese.

* In die bed en in die kis maak lengte nie saak nie.