Sunday, 30 March 2025

1 KORINTIËRS 13 vir ons almal


Die liefde

1 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: 
Al praat ek die tale van mense en engele,
maar ek het geen liefde nie,
het ek 'n stuk klinkende metaal,
'n galmende simbaal geword.
2 Al het ek die gawe van profesie
en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis,
en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
3 Al deel ek al wat ek het aan ander uit,
en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,
maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
4 Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik;
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaand nie.
5 Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie, 
hou nie boek van die kwaad nie.
6 Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.
7 Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verdra alles.
8 Die liefde vergaan nooit nie,
maar die gawe
van profesie sal verdwyn,
die gawe
om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou,
en dié van kennis sal uitgedien raak.
9 Want ons ken maar gedeeltelik,
en ons profeteer maar gedeeltelik,
10 maar wanneer die volledige kom,
sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.
11 Toe ek 'n kind was,
het ek gepraat soos 'n kind, 
gedink soos 'n kind, 
geredeneer soos 'n kind.
Maar noudat ek 'n man is,
is ek klaar met die dinge van 'n kind.
12 Nou kyk ons nog
in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
13 En nou:
geloof, hoop en liefde bly,
hierdie drie.
En die grootste hiervan is
die liefde!

[© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983]

Saturday, 29 March 2025

Ruben-humor: Diereraaisels met 'n kinkel

* Hoe blaf 'n Franse poedel? 
"Le woef!"

* Hoekom is visse so besonder slim?
Hulle swem altyd in skole.

* Wat het die seekat vir sy meisie gesê?
Vat my hand, hand, hand, hand, hand, hand, hand, hand, 

* Wat noem 'n mens 'n wolskaap sonder bene?
'n Wolkie.

Thursday, 27 March 2025

Ruben se een minuut storie: Die Geel Roeibootjie


'n Man is gevra om ‘n boot te verf. Hy het sy verf, kwaste en ander gereedskap gebring en die boot helder geel begin verf, soos die eienaar hom gevra het. Terwyl hy verf, merk hy ‘n gaatjie in die romp op en hy herstel dit toe. Toe hy klaar geverf het, ontvang hy sy geld en hy vertrek.

Hy en die eienaar van die bootjie ewe gelukkig.

‘n Paar dae later kom die eienaar van die boot na die werker toe en gee hom ‘n tjek vir baie meer as die betaling vir die oorspronklike verfwerk. Die werker was verbaas en het gesê: “U het my al betaal vir die verf van die boot!”

"Maar dit is nie vir die verfwerk nie. Dit is om die gat in die boot te herstel."

"Ag! Maar dit was so ‘n klein diens … dit is beslis nie die moeite werd om my so ‘n groot bedrag te betaal vir iets so onbeduidends nie."

“My liewe vriend,” sê die eienaar,”jy verstaan ​​nie. Laat ek jou vertel wat gebeur het.”

"Toe ek jou vra om die boot te verf, het ek vergeet om die gat te noem. Toe die boot droog geword het, het my kinders die boot geneem en gaan visvang. Hulle het nie geweet dat daar ‘n gat in die boot was nie. Ek was toe nog nie tuis nie. Toe ek terugkom en sien dat hulle die boot geneem het, was ek desperaat omdat ek onthou het dat die boot ‘n gat gehad het."

Die man vee met sy hand oor sy oë. 

“Stel my my verligting en vreugde voor toe ek sien hoe hulle opgewonde van die visvang terugkeer. Toe ondersoek ek die boot en vind dat jy die gat reggemaak het! Sien jy nou wat jy gedoen het? Jy het my kinders se lewe gered! Ek het nie genoeg geld om jou ‘klein’ goeie daad te betaal nie.”

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Loop altyd die ekstra myl.
* Moenie altyd net die minimum doen nie.
* Maak 'n verskil ... wees die beste wat jy kan wees

[Outeur onbekend]

Advertensie: Besoek Beefmaster gerus in Maart


Bestel jou vleis vir die res van die maand op die iBEEF-toep van Beefmaster. Laai die iBEEF-toep af op die App Store of Google Play Store. #vleis #braai #Beefmaster #bestbeef #ibeef

Klik HIER vir meer inligting.
Ons maak 'n BEEFMASTER-aankope doodmaklik! 

Wednesday, 26 March 2025

Tuesday, 25 March 2025

Resep: Tommie deel nog 'n ouma Annie-resep - Soentjiekoekies

Die belangstelling in koekieresepte het ouma Annie se stoutste verwagtinge oortref. Sy het nooit gedink dat sy vir Petrusburg op die koekiekaart sou sit nie. Sy het van die lesers se resepte beproef en dit selfs ingesluit by haar gereelde Dinsdag-aflewering by die tuisnywerheid. Lid 74 is nou die nr. 1-verkoper van koekies - almal kla steen en been in die winkel dat koekies nie gesond is nie, maar knyp die een oog toe en koop met die ander oog lekkernye wat in die mond wegsmelt.

Vandag se resep is my jonger sussie se gunsteling. Sy doop graag die een heflte van die koekie in gesmelte sjokolade. Is dit nou hemels?!

Soentjiekoekies van ouma Annie

Bestanddele:
500 g sagte margarien of botter (Ouma Annie gebruik 
500 g suiker
4 eiers
500 g koekmeel
500 g mielieblom
10 ml bakpoeier
5 ml sout

Metode:
* Klits die botter, suiker en eiers tot lig en romerig.
* Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. 
* Meng baie goed.
* Rol klein bolletjies, pak op bakplaat en druk met ‘n vurk plat.
* Bak goudbruin op 190°C vir ongeveer 8-10 min.

Wenk:
Sit koekies twee-twee opmekaar met versiersuiker indien jy van ekstra soet hou.

* Ek gebruik vir hierdie resep 'n fopfoto totdat oupa Willie vir my my foto's kan aanstuur. Dit wil voorkom asof die Vrystaters meer met krag sukkel as die res van die land. Hou gerus hierdie spasie dop en bak intussen 'n storm los. 
Geniet dit en gaan groot!!!

Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais

Monday, 24 March 2025

THE SECRET LANGUAGE OF TEENAGE BOYS

I've become fluent in a new language recently - Teenage Boy. It's a complex dialect consisting primarily of grunts, shrugs, and one-word responses that somehow contain multitudes.

When my son says "fine," it could mean anything from "I had the best day ever" to "the world is ending, but I don't have the energy to explain why." The contextual clues are everything - is he raiding the fridge while saying it? That's positive. Is he staring at his phone without blinking? Proceed with caution.

I've learned that food is currency in this new relationship. The boy who once wrinkled his nose at my homemade lasagna now consumes it like it's his last meal, along with everything else in a five-foot radius. I now hide snacks I want for myself like they're precious jewels.

Privacy has become both sacred and suspicious. His bedroom door remains firmly closed, opening only for food deliveries or Wi-Fi troubleshooting. I've accepted that knocking is not a suggestion but a survival tactic.

The most fascinating discovery has been witnessing his transformation in different contexts. The monosyllabic creature who communicates exclusively through headshakes at home somehow becomes eloquent and animated around his friends.

But then there are those rare, golden moments when the armor cracks - late-night conversations about a difficult class, an unexpected sideways hug, or walking past his room to see him video chatting with his younger cousin, patiently helping with math homework.

These boys of ours - they're crossing the rickety bridge between childhood and manhood, trying not to look down.

Our job isn't to carry them across but to stand nearby, pretending we're not watching every step, ready to catch them if they fall.

And sometimes, just to bring them snacks.

[Thanks, Christelle]

Sunday, 23 March 2025

As 1 Korintiërs 13 net vir Mammas geskryf was ...

Al sou mamma die mooiste huis besit
en die lekkerste etes vir ons voorberei,
maar dit nie met liefde doen nie,
dan is dit so waardeloos soos 'n leë kastrol.

Al is mamma die besigste mamma op die beheerraad
en koop vir my eendag die duurste sporttoerusting,
maar mamma het nie die tyd
om my langs die sportveld aan te spoor nie,
dan sal dit my niks baat nie.

Al koop mamma 'n kamer vol van die duurste opvoedkundige speelgoed
en betaal sakke vol geld vir ekstra klasse,
maar mamma sit nie ook self by my
en speel of sukkel met die skoolwerk nie,
dan sal dit my niks baat nie.

'n Liefdevolle mamma is geduldig met my,
sy tel maar partykeer my speelgoed en klere op.
'n Liefdevolle mamma is lankmoedig en vriendelik,
sy laai haar motor maar somtyds vol kletsende,
bakleiende, swetende skoolkinders.

Mammas vergelyk nie hul kinders met ander kinders nie
en is nie verwaand oor prestasies nie.
Mammas bedek skrape met liefde en pleisters en glo in my,
hoop net die beste vir my en verdra die klaery en kritiek.

My gewasde en gestrykte wasgoed word weer vuil
en 'n netjies huis weer deurmekaar ...
maar 'n opregte drukkie
en 'n intieme gesprek sal vir altyd in my kinderhartjiebly.

Eendag sal ons huis en sy binnekant tot niet gaan,
maar mamma en ons gesin se siele sal ondersoek word.

Toe mamma nog 'n jong meisie was,
was mamma gesteld op mamma se mooi voorkoms en aardse besittings,
maar noudat mamma 'n MA is, het ons kinders die belangrikste geword.

Een van die dae kyk mamma miskien vas in 'n opstandige tienergesig,
maar eendag as ek groot geword het,
sal ek die vrugte pluk van die LIEFDE
wat mamma in my kleintyd gesaai het.

En nou bly, AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie drie,
maar die waardevolste hiervan
is die onvoorwaardelike LIEFDE van 'n mamma!

* Die waarde van 'n mamma moet elke dag raakgesien en gewaardeer word, nie net op Moedersdag nie.

Klik HIER om 1 Kor. 13 vir pa's te lees.

Saturday, 22 March 2025

Ruben-humor: Unieke idiome

* Hy is van sy eet af. 
Hy voel siek.

* Die blikbord lui vir iemand.
Iemand is bankrot.

* Moenie praat soos 'n lap wat skeur nie.
Kry klaar gepraat, moenie dat ek alles uit jou trek nie.

* As 'n kind goed grootgemaak is, maar groot sleg geword het.
Die appel het afdraand gerol.

* Hy lieg blink en bles.
Hy kan baie lieg.

* Moenie jou so inkoejawel gedra nie.
Moenie jou so swak gedra nie.

[Hierdie gesegdes kom uit my Petrusburg-dae uit!]

Thursday, 20 March 2025

Ruben se een minuut storie: Die naaldboom


Jare terug was daar twee broers; die ouer een was altyd gemeen en onvriendelik teenoor sy jonger broer. Hy het sy broer altyd minderwaardig laat voel. Die ouer broer het vuurmaakhout in die bos gekap vir 'n inkomste en dan het hy dit op die mark gaan verkoop. Op 'n dag het hy op 'n magiese boom afgekom. Die boom het hom gesmeek om hom nie af te kap nie en het hom goue appels in ruil belowe. Die ouer broer het in sy geestesoog gesien dat hy sommer baie gou ryk gaan word sonder dat hy harder hoef te werk. Die ouer broer was egter teleurgesteld oor die aantal appels wat die wonderboom hom elke dag gegee het. 

Hy besluit toe so in die stilligheid om wel die boom af te kap. Hierdie boom behoort meer hout as vyf ander bome te gee. Maar die wonderboom het presies geweet wat in die ouer broer se gedagtes aangaan en hy het hom met honderde naalde toegegooi toe die ouer broer onder die boom gestaan het. Die broer het in die allervreeslikste pyn op die bosgrond geval. Sy jonger broer het hom gaan soek toe hy nie sy gewone tyd by die huis opdaag nie en hom uiteindelik gevind waar hy op die grond lê en krul van pyn. Die jonger broer het hom jammer gekry en onmiddellik begin om elke naald versigtig uit te haal. Die ouer broer het uiteindelik vir sy jonger broer verskoning gevra dat hy hom só sleg behandel het. Die magiese boom het hierdie herstel van broederbande gesien en besluit om vir hulle meer goue appels te gee.
 
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Goedhartigheid sal altyd beloon word.
* Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.

Advertensie: Besoek Malu gerus in Maart


Besoek ons Facebookblad en laai die nuutste pryslys af! Maart-winskopies maak vleisaankope maklik!      

Klik HIER vir meer inligting.

Wednesday, 19 March 2025

Binnekringnuus: 'n Tommie-gerug

Korrespondent: 'n Gerug doen die rondte dat Tommie deesdae 'n kantoorhond is. Ons is nie seker van ons feite nie, maar ons kon wel ons hande op 'n eksklusiewe foto lê. Daar word verder in die gange gegis dat Tommie opgelei word as 'n kantoorassistent. Met Ruben wat vir die sekuriteit verantwoordelik is, maak dit net sin dat Tommie ingetrek word in die binnekringe - die hart van die sentrum.

Hou hierdie spasie dop vir verdere Tommie-nuus. 

Werk saam met Loumari en Toors


Loumari en Toors is in rooi gerat vir alles wat hulle vir die gekose instansies wil doen. Hulle fokus op Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, Kimberley Hospitaal en Leratho Foundation. Die nood is hoog en die hande min. Hierdie twee is egter bereid om die hande en voete te wees wat wil bydra om die omstandighede van hierdie instansies te verbeter. 

Lees asseblief deur die rooi lysie en dra mildelik by tot hul projek.

Sterkte, Loumari en Toors!!

Rosetta se goeie wense: Krag in Sy Heilige Naam


Daar is soveel krag
in die Heilige Naam
van Jesus!
In sy Naam is daar genesing
herstel, vrede en liefde!
Mag hierdie krag 
ook vandag deel word
van jou lewe!

Thank you, social workers!

Monday, 17 March 2025

Werk saam met Loumari en Toors


Loumari en Toors het planne en ideale vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, maar om hierdie planne 'n werklikheid te maak, het hulle hulp nodig. En dit is waar elkeen van ons lesers in die prentjie kom. Kom ons vat hande en maak dit vir hierdie twee matrieks moontlik om hul drome 'n werklikheid te maak. Eerste op hul lysie is om paaseiers in te samel. Paasnaweek gaan die bekende paashaas 'n prettige draai by Christina Kiddie sentrum maak om kinderharte bly te maak. 

Hou gerus hierdie spasie dop vir al hulle ander planne! Sterkte Loumari en Toors!!

Sunday, 16 March 2025

As 1 Korintiërs 13 net vir Pappas geskryf was:

'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se foute met:
"Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luister nie."
Hy is verheug as hy sy kinders die waarheid hoor praat.
Daarom wil hy sy kinders se skandes met liefde bedek.
In hulle glo,
die beste vir hulle hoop,
en hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.
'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek
van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart ...
Maar die preek of toespraak wat hy liewer in die tyd wou skryf - 
sal oormôre weer vergete wees.
Toe ek 'n jong man was, 
was ek gesteld op my voorkoms,
my motor 
en my geleerdheid ...
Maar noudat ek pa geword het,
wil ek graag my kinders met liefde,
balans en geloof grootmaak.
Nou kyk ek nog vas teen rebelse klein gesiggies,
maar eendag as hulle groot is,
sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer,
en wat God ons almal leer.
En nou: Geduld, aanmoediging en liefde bly.
Maar die waardevolste hiervan is 
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE!!!

[Dankie, Anoniem, vir die deel hiervan.] 

Saturday, 15 March 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* Hoekom loop 'n skilpad nooit agteruit nie?
Hy is bang hy stamp teen iets omdat hy nie 'n truspieëltjie het nie.

* Wat is stadiger as 'n tiener-skilpad?
Sy oupa

* Wat sê die slak vir die skilpad toe hy wou gaan swem?
"Hou my dop."

* Wat sê die kangeroe-ma vir haar tiener?
"Ek gee nie om dat ander kinders dit doen nie, maar jy plak nie prente in jou kamer nie."

Thursday, 13 March 2025

Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Maart

Klik HIER en besoek gerus ons Facebookblad vir Maart-winskopies.

Daar is nou gereserveerde parkering vir West End Kliënte by die Hadisonpark Sentrum!

Onthou: Goed - Beter - West End!

Een minuut storie: Olifant en vriende


'n Eensame olifant wat baie alleen was ... eintlik stoksielalleen, het na vriende in die bos gesoek. Die aap het geweier om die olifant se vriend te wees, omdat die olifant nie in die bome kon rondswaai nie. Die haas het die olifant ook weggewys, omdat olifant te groot was om saam met hom in sy sitkamer te sit en tee te drink en wortelkoek te eet. Die padda het geweier om die olifant se vriend te wees, omdat olifant nie kon spring nie. Elke dier wat olifant raakgeloop het en hom gevra het om sy vriend te wees, het net nee vir die arme olifant gesê. Hierdie diere se verskonings was werklik belaglik en olifant het besef dat niemand hom vir 'n maat wil hê nie. Dit het hom nog allener laat voel ...

Die volgende dag sien olifant hoe die klomp diere in die bos baie vreesbevange is en so vinnig as wat hulle kan, weghardloop. Olifant stop 'n beer wat ook aan die hardloop is en dié sê dat daar 'n tier is wat hulle jaag en hulle wil aanval. Olifant is nie bang vir die tier nie en het die tier mooi gevra om te stop, maar die tier het vir die olifant gesê om uit sy pad te bly. Die olifant het driftig in die rigting van die tier marsjeer om die tier te skop sodat hy hom  kan afskrik.

Dit is toe dat die ander diere besef het dat dié olifant die perfekte grootte het om hul vriend te wees. Hy is selfs nie eens bang vir die tier nie.

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Vriende kan enige vorm of grootte wees.
* Vriende kan mekaar help.

Wednesday, 12 March 2025

Rosetta se goeie wense: Getrouheid

Mag jy skep
wat vir jou mooi is
en doen waarvan jy hou.
Mag jy altyd weet ons
Vader is elke dag
getrou!

[Alet van Zyl]

Saturday, 8 March 2025

Dankie, Koester Karos-lesers, vir 74 000 e-besoeke!

International Women's Day: Dream Wings

Woman, you're strength, a sun's bright glow,
A heart that dreams, a soul so good, you know.
Your voice, a song, a free-flowing flight,
Your dreams, so high, a safe and steady light.
The shadows of the past, now far away,
Your future shines, so bright and free today.
With dream wings spread, you rise and soar,
A world anew, where hopes forevermore.
For every woman, a star's soft gleam,
Your dreams are vast, your path, a divine theme.
Today we celebrate, your strength and pride,
Your dream's bright fire, that will never be denied.

[Thank you, Israel Xaba - a creative word magician!]

Ruben-humor: Diereraaisels

* Wat sê die een duisendpootmannetjie vir die ander duisendpootmannetjie toe 'n duisendpootwyfie verby kom?
"Mooi bene, mooi bene, mooi bene ..."

* Wat het meer pyn as 'n kameelperd wat 'n seer keel het?
'n Duisendpoot met winterstone.

* Hoe weet 'n mens aan watter kant van die erdwurm sy kop is?
Vertel 'n grap en kyk watter kant lag.

* "Waar's jou pa?" vra Slakkie Slak.
"Hy't gaan visvang," sê Eddie Erdwurm.

Friday, 7 March 2025

Wêreldbiddag vir vroue

Heer ...
Vanoggend bid ek vir elke liewe dogter en vrou in besonder tydens hierdie Wêreldbiddag vir vroue.
Dat U hulle elkeen sal omvou met U groot liefde en ontferming.
Beskerm hulle van enige gevaar, siekte en lyding.
Mag U genade sag oor hul reën.
Mag Sy vrede hulle laat ontspan.
Ek bid dat elke aanslag van die lewe, hul sal laat glimlag ... met die wete ...
Die Heer is in beheer!

Kia orana! 
"Mag jy lank lewe en mag jy goed lewe. 
Mag jy soos die son skyn.
Mag jy met die golwe dans."
Amen 

Mag jy vandag jou blomkrans met waardigheid dra.

Portia's Friday advice

Thursday, 6 March 2025

Dankie vir 73 000 e-besoeke!

 

Advertensie: Besoek Sandwich Shop gerus in Maart

Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Maart by Sandwich Shop.

Onthou: Sandwich Shop maak Maartmaand se kosmaak maklik. Kom kuier vir ons of gee ons 'n luitjie by 053 832 4440 of 053 832 4149.

Drie minute dinkstorie: Hewige rusie tussen donkie en tier


Donkie en tier is in ‘n hewige rusie oor watter kleur die gras is. Vir ons klink dit na 'n onbenullige stryery, maar hierdie twee is doodernstig oor hulle onderskeie standpunte.

Donkie hou voet by stuk dat die gras blou is, en tier stry en sê dis groen. Dis tog net logies. Die hemel is blou. Na bykans ‘n uur se stryery maak donkie die voorstel: “Kom ons gaan na Koning Leeu - hy is die slimste van al die diere en hy sal vir ons die regte antwoord gee.”

By Koning Leeu aangekom, val donkie sommer met die deur in die huis. “Koning Leeu, ek sê die gras is blou, maar tier hou aan stry dat dit groen is. Watter kleur is die gras regtig?”

Leeu kyk die twee stip aan, dan gluur hy vir tier. “Donkie is heeltemal reg,” brul hy. “Die gras is blou! En Tier, vir jou onnoselheid, mag jy vir 5 dae lank niks sê nie!” Doodtevrede bulk en dans Donkie terug na sy grasland toe om verder te wei. 

Tier kyk geskok na Leeu en vra: “Mag ek iets sê voor ek stilbly vir 5 dae? Jy weet net so goed soos ek dat die gras groen is! Waarom sê jy vir Donkie dis blou??!!” 

“Omdat jy so dom was om met hom te stry oor iets wat ‘n voldonge feit was,” antwoord Leeu droog. “Jy het jou soos ‘n donkie gedra!”

Toepassing:  
Daar is nog ‘n voldonge feit waaroor niemand mag stry nie - ons het meer as genoeg rede om die Here te loof en te prys! Psalm 149 roep ons weer op om ‘n nuwe lied vir God te sing - kom ons kyk gou na wat die Psalm sê: Maak jou loflied elke dag nuut! Elke dag gebeur daar iets met ons wat nie gister gebeur het nie - gebruik dit om teenoor mense oor God te getuig (vers 1). Vind daardie nuwe ietsie elke dag.

En dit hoef nie net liedere te wees nie - dans voor die Here (verse 2-3)! Slaan ritme met jou borsel op die spieëlkas. Borsel jou tande met ‘n vrolike ritme! God geniet dit so as ons Hom loof en prys, dat Hy dan sommer namens ons veg en vir ons die oorwinnings behaal (verse 4-6). Dit alleen is al reeds meer as genoeg rede om Hom onophoudelik en met groot genot te prys!

Ons lofsange teenoor God bind kettings om ons vyande se enkels, vernietig ons omstandighede wat ons probeer onderdruk en tel ons op bokant alles sodat ons saam met Hom kan triomfeer (verse 7-9).
Moenie jou soos ‘n donkie gedra en probeer stry oor dinge wat jy rondom jou sien nie. Wéét wat die waarheid is: die Here leef en regeer! Maak nie saak watse twak die lewe vir jou probeer vertel nie - hou aan om die Here te loof, want Hy regeer! Moenie eens met die wêreld probeer redeneer nie - hou net aan om die Here te loof! 

As tier maar net die onderwerp verander het en God begin loof het ... maar toe wil hy sy punt bewys deur te stry. Daar is geen rede vir ons om ‘n punt te bewys nie – dis reeds vir ons aan die kruis gedoen. Al wat ons nou moet doen, is om net die Here te loof!

[Dankie, Rosetta!]

Wednesday, 5 March 2025

Rosetta se goeie wense: Die spoed van een dag


God stap saam met ons
teen die spoed van
een dag op 'n slag.
Hy gee jou vandag se lewe.
Jy het vandag -
nog net vandag ...
net Hy weet van môre.
Gryp vandag aan!
Maak dit vol met vreugde
en dankbaarheid in die Here! 

Saturday, 1 March 2025

Ruben-humor: Diereraaisels

* Wat sê 'n muis van 80 kg as hy 'n kat sien?
"Hier ... Kietsie ..., Kietsie ..." 

* Wat het die slak gesê toe hy op die skilpad se rug ry?
"Hokaai, jou jaagduiwel."

* "Ons kat is weg!"
"Plaas 'n advertensie in die koerant."
"Dit sal nie help nie. Hy kan nie lees nie."

* Hoe bekruip 'n duisendpoot sy prooi?
Voetjie vir voetjie, voetjie vir voetjie, voetjie vir voetjie ... 

World Compliment Day


Research shows that the right words at the right time can make a huge difference when a person is feeling stressed or anxious. Just this one interaction starts a domino effect of positivity that spreads through your entire workplace or friends! Koester Karos wants to start the chain reaction of a positive year by sharing some appreciative compliments.