Sunday 19 December 2021

Gee om vir die mense rondom jou

Daar is ‘n verhaaltjie van ‘n seuntjie wat alles gehad het wat sy hart begeer. Hy het geen bekommernisse gehad nie. Begeertes was maar slegs 'n vraag ver. In hulle groot huis was daar ‘n baie spesiale spieël – maar maak nie saak hoe groot die seuntjie se glimlag was nie – hierdie spieël het dit nooit gewys nie.
 
Hy kon snaakse gesigte probeer trek, maar die spieël het altyd 'n ongelukkige seuntjie vir hom gewys.
 
Eendag by die skool is daar ‘n maatjie wat baie hartseer is. Hy wou eers wegloop en maak of hy dit nie sien nie – maar het toe wel besluit om by die maat te gaan sit en gesels. Hy het selfs sy lekker kos met hom gedeel.
 
Na pouse het hy geweet dat die maat beter voel. Hy het vir die eerste keer in sy lewe gewys hy gee om.
 
Toe hy daardie middag by die spieël verbyloop – toe sien hy vir die eerste keer sy GLIMLAG in die spieël. ‘n Opregte glimlag! Toe besef hy dat die spieël eintlik vir jou wys hoe jou binnekant lyk.

Ons almal kan iemand se dag beter maak - gee om, luister, help, komplimenteer en glimlag vir daardie persoon wat vandag jou pad kruis. 

No comments:

Post a Comment