Sunday 6 October 2024

My gedagtes: Waardeer dit wat jou kinders doen

William James sê op ‘n stadium dat : “The deepest principle in human nature is the craving to be appreciated.”

Hierdie is so ‘n basiese beginsel, maar hoe dikwels en maklik vergeet ons dit. Dit is baie moeilik en selfs onmoontlik om ‘n slegte verhouding te hê met iemand wat jou gereeld en opreg komplimenteer. Dit is ook een van die mees basiese behoeftes van ons kinders (al tree hulle so onafhanklik op.)

As hulle nie respek en waardering kry by ons as ouers nie, sal hulle dit op ander plekke soek, plekke wat gewoonlik nie baie gesond is nie. (Lees die koerante en luister nuus - dis só hartseer en tragies.) Dit is ongelukkig so dat “People are born to be a success, but conditioned to be a failure.” 

As kinders te veel hoor dat hulle stout en dom en ongehoorsaam is, begin hulle dit glo. En dan tree hulle ook so op om aan die uitsprake te "voldoen." ‘n Ouer is die grootse bron van kondisionering in kinders se lewens. Kom ons gebruik hierdie posisie met groot sorg en verantwoordelikheid. Waardering bou selfvertroue.

Koester eerder elke fase en die alledaagse vreugdes. En sê elke dag dankie vir jou hartsmense, hulle het dit nodig om te hoor.

Saturday 5 October 2024

Ruben dink aan sy kinderjare en waardeer sy oudonderwysers


Liewe Maats

Die laaste kwartaal van 2024 is reeds 'n week oud. Nou stoomroller die jaar einde se kant toe en oor minder as 8 weke is julle klaar met eksamen en is die skrif aan die muur en die punte op die rapporte!

En terwyl ons nou op die onderwerp van skool en rapporte is, ek hoop nie julle het vergeet dat dit vandag Wêreld-Onderwysersdag is nie. Ek hoop julle het Vrydag vir elke juffrou 'n dankiedrukkie gegee. Hulle doen soveel moeite, help ons, ondersteun ons en bid vir ons. By die skool is die onderwysers mos ons ouers. 

Ek in die laerskool
En eintlik is die enigste manier hoe ons regtig vir hulle kan dankie sê, is om ons huiswerk gereeld te doen, hard te leer vir ons toetse en vir die eksamen en op te let in die klas, sonder om te praat of erger nog, terug te praat.

Het julle al mooi daaroor nagedink - onderwysers is ons kinders se toekoms. Hulle maak ons gereed vir die wêreld daar buite. Baie dankie aan al die onderwysers vir jul liefde, wysheid en toewyding vir die kinders van ons land.

Ek wil graag vir my oudonderwysers in Petrusburg uit my hart uit dankie sê dat julle ons geleer het om selfstandig te dink en te handel. Dat omgee, naasteliefde en dissipline drie woorde is wat sommer in een sin gebruik kan word. Dankie vir al die ekstra klasse oor naweke toe ons vir ons belangrikste eksamen voorberei het. Vandag kan ek met trots my matrieksertifikaat vir enige werkgewer wys, want daar is nie een skaamkrypunt op daardie rapport nie.  

Dan wil ek sommer ook vir tannie Christelle dankie sê dat sy deur harde werk en daadwerklike handeling vir ons 'n voorbeeld stel. Tannie Christelle het 330 koekies in die laat ure van die aand gebak en met liefde verpak, kaartjies gemaak en geknip - amper 'n week lank - ek weet, want ek wou nie gaan slaap het, voordat tannie Christelle nie klaar was nie. Volg hierdie voorbeeld na, ook as julle die ouers van kinders is - ons leer waardevolle dankielesse!!!
 
Terug by die eksamen - daar is geen tyd meer oor om te speel nie, behalwe ... miskien ... dalk ... moontlik ... op 'n Saterdagmiddag. Maar dit gaan die uitsondering wees.

Ons moet nou handevat en mekaar help. Ons wat in dieselfde graad is, moet vir mekaar die werk verduidelik of beter nog, as jy klaar geleer het, vra jy vir jou maat vrae om te toets of hy sy werk ken. Ek onthou so goed dat ek en my suster vir mekaar vrae gevra het om te kyk of die ander een werklik geleer het. Sy het altyd vir my die moeilikste vrae gevra en as ek die derde vraag verkeerd geantwoord het, het my ma na my kant toe geblaf dat ek my werk ordentlik moet gaan leer, want ek mors almal in die huis se tyd. 

My (slim) suster
Ai, julle, dan het ek maar my boeke gevat en ekstra hard geleer. Twee dinge het vir my gehelp om die feite van die leervakke te onthou: Ek het die werk hardop gelees, sodat ek meer gefokus kon bly en die ander belangrike hulpmiddel was opsommings - ek het my werk goed opgesom in Blaffiaans en dan het ek op en af in die gang geloop en dit hardop gelees. As ek te lank op een plek stilgesit het, het ek sulke lang gape gegee en as ek my kom kry, was ek vas aan die slaap - en in groot moeilikheid. 

As ek hierdie twee riglyne gevolg het, kon my suster my nie uitvang met enige van haar moeilike vrae nie. En dan knik my ma haar kop goedkeurend en vra vir my hoekom het ek nie in die eerste plek ordentlik geleer nie, maar ai julle outjies, julle weet self dat 'n hond maar altyd kort pad wil vat en altyd
My (streng) ma
hoop vir die beste. My ma het altyd na ons huiswerk gekyk en gesorg dat ons altyd ons skryfwerk en leerwerk goed doen. Vir haar was 'n matrieksertifikaat belangriker as kos. Wat jy daarna gaan studeer, was vir jou eie rekening.  

Ek dink spesiaal aan julle met hierdie uiters kort kwartaal - mag dit net goedgaan. Druk gerus op my knoppie as ek julle kan help. My ma stuur groete en sê dat 'n goeie sessie swoeg en sweet nog niemand skade gedoen het nie.

Ruben-groete tot 'n volgende keer.

Dankie aan elke engelmens wat ons kinders onderrig


Ruben sê: "Ek dink vandag terug aan al die onderwysers wat my lewe, maar ook elke kind in Christina Kiddie se lewe verander het, in ons geglo het, en vir ons geleer het hoe om die onbekende toekoms binne te gaan. Dankie vir elke bousteen wat ons kan gebruik om ons toekomsfondasie te kan lê. Ons eer elke hoof en elke onderwyser en sal vir altyd dankbaar teenoor julle wees. Gelukkige onderwysersdag aan elkeen van ons ongelooflike onderwysers!"

Ns. *Hierdie foto van my is geneem toe ek in die laerskool in Petrusburg was - baie jare terug. 

Friday 4 October 2024

'n Choc chip-koekie met 'n hartsboodskap


'n Hartlike goeiemôre aan elke opvoeder, admin beampte en ondersteuningspersoneellid by die vier skole en een kleuterskool waar Chrsitina Kiddie se kinders ingeskryf is. Môre is Wêreld-Onderwysersdag en al die moeite en die ekstra myle wat geloop word, word raakgesien en waardeer. 

Chrsitina Kiddie sê vandag DANKIE met 'n choc chip-koekie en 'n hartsboodskap vir alle onderwysers:
  Wat jy by die leerders in jou klas los is meer as net jou woorde - dit is wat jy doen en wie jy is!

Portia's advice

World Smile Day


World Smile Day was created by Harvey Ball, the man credited with creating the smiley face in 1963.

Who knew over 50 years ago what a well-known icon it would have become, who could foresee emoticons! After becoming concerned about the commercialization of his icon, which was not what it was created for, he came up with the idea for World Smile Day

What a lovely idea!

He thought that all of us should devote one day each year to smiles and kind acts throughout the world. The smiley face knows no politics, no geography, and no religion. Harvey’s idea was that for at least one day each year, neither should we. 

He declared that the first Friday in October each year would henceforth be World Smile Day®. Ever since that first World Smile Day® held in 1999, it has continued every year in Smiley's hometown of Worcester, MA, and around the world. 

After Harvey died in 2001, the Harvey Ball World Smile Foundation was created to honor his name and memory. The Foundation continues as the official sponsor of World Smile Day® each year.

Thursday 3 October 2024

Poem: Think about this!


Gaan kuier gerus HIER op The Poem Farm (Children's author and & writing teacher: Amy Ludwig VanDerwater) Hierdie skrywer is lief vir kinders, woorde, gedigte en besoek graag skole om leerders te help met hulle skryfwerk. Die wat duisende myle van haar af bly, kan al die voordele op haar blog kry.
Klik HIER om meer te wete te kom oor hierdie talentvolle skrywer. Geniet elke geskrewe woord. Gaan lees gerus waarvan sy hou en waarvan sy nie hou nie.

Wednesday 2 October 2024

Enter the Diamond Dash - 3 days of fun!


Committed to community support, founder Kenne de Kock started the Kelrn MTB Classic in 2012 to aid child welfare in the Northern Cape.

This will be a fun filled day with the MTB event taking center stage over distances of 13 km to 67 km. There will also be a 5 km and 13 km trail run.

Registration will open for Diamond Dash on Friday 25th October 2024 at 14:00, for Kelrn MTB Classic and running activities on event day, Saturday 26th October 2024 at 06:00 and for the Diggers Ride on Sunday 27th October 2024 at 07:00.

Enter the Diamond Dash
This race is your ticket to a  sparkling prize! 
Don't miss out on this fun event!

Rosetta se goeie wense:


Francis Bacon het gesê dat die mens
moet weet dat in hierdie verhoogstuk
van die lewe dit slegs vir God en
die engele bestem is om toeskouers te wees.
Mag ons elke dag aktief werk aan
ons lewensverhoogstuk. 

Tuesday 1 October 2024

Mental Health Awareness Month


The month of October has been declared Mental Health Awareness month with the objective of not only educating the public about mental health but also to reduce the stigma and discrimination that people with mental illness are often subjected to.

Mental health problems such as depression, bipolar disorder, anxiety and stress are common, and affect individuals, families and the broader community. In addition, they have a direct impact on workplaces through increased absenteeism and reduced productivity, among others. Some mental health problems are the result of a complex interplay between biological, psychological, social and environmental factors. An estimated 400 million people worldwide suffer from mental or neurological disorders or from psychosocial problems.

Mental illness can be treated and prevented; however, more often people do not seek treatment due to the stigma attached to the illness. Recently it has been reported that very few South Africans seek treatment for mental disorders. 

With October being Mental Health Awareness Month, government aims to reach as many people as possible in order to raise awareness about mental health and to reduce the stigma attached to it.

Do mental health issues have a biological basis?

Most scientists believe that mental illnesses result from problems with the communication between neurons in the brain (neurotransmission). For example, the level of the neurotransmitter serotonin is lower in individuals who have depression.

[Google this topic and be aware of the symptoms.]

Dinsdaggedagtes van Katelyn Marais