Wednesday 18 September 2024

Rosetta se goeie wense:


Help my om U stem vandag
in die natuur en deur mense
en gebeure te hoor.
Spreek vandag tot my.

Saturday 14 September 2024

'n Heerlike dag by Mokala Nasionale Park

'n Heerlike dag in die hartjie van Mokala, so 70 km van Kimberley af. Dit was een van daardie onthoudae wat op die kalender gemerk gaan word. Die hoogtepunt was 'n heerlike piekniek in die veld. Hierdie was 'n voorreg wat nie almal beskore is nie. Dankie, Oom Charles en Tannie Raedun - julle is juwele!


Foto's: Christelle Hattingh

Thursday 12 September 2024

Ruben bemarker van BRAAI 4 CHARITY-etekaartjies


My liewe Maats 

Ek kan nie glo dat tyd so vlieg nie! Ek weet ek klink nou presies soos my ouma aan my ma se kant, maar sy het gereeld vir ons herinner aan die feit dat ons nie tyd moet mors nie, en ons mag ook nie ledig wees nie. Haar geliefkoosde gesegdes was altyd: "Ledigheid is die duiwel se oorkussing" en as dit lyk asof jy nie besig is nie, dan het sy gou vir jou werk uitgedeel. Gelukkig was speel baie belangrik en het sy jou nooit gepla as jy besig was om te speel nie. O ja, ouma sou jou speeltyd onderbreek as jou huiswerk nie klaar is nie. Sy was baie erg oor eers huiswerk en dan speel.

Ouma Luna was ook lief om te sê: "Met die water wat verby is, sal jou meule nooit weer maal nie." Ek het eers die waarde daarvan besef toe ek groter geword het. CJ Langenhoven, een van die groot skrywers in Afrikaans was lief om die mense op te voed deur spreuke en gesegdes. In kort beteken dit dat jy nooit tyd moet mors nie, want geleenthede klop net een keer aan jou deur - gryp dit met altwee pote aan. En nou kom ek eers terug by my eerste sinnetjie van my brief - ek was die hele kwartaal so besig, dat daar nie eens tyd was vir my normale briefskrywery nie.

Buiten my sekuriteitswerk, en rondspeel oor naweke, moes ek ook toesien dat huiswerk en leerwerk nie afgeskeep word nie, veral met die huidige toetsreeks - ons hier by CK hou nie van swak punte nie. Op een of ander manier het advertensie ook deel van my werk geword en dit doen ek graag. Dit voel vir my asof my kommunikasieplatform vergroot het. 
Dit is juis die rede vir my skrywery. West End Vleismark gaan 'n BRAAI 4 CHARITY hou. Die wonderlike nuus is dat Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum by hierdie wonderlike inisiatief gaan baat. 'n Heerlike ete vir slegs 'n R100. Moenie dat hierdie geleentheid deur jou vingers glip nie. Merk 24 September op jou almanak en vertel vir al jou vriende in Kimberley en omgewing van hierdie spesiale geleentheid. 

Kaartjies is te koop by West End Vleismark en by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die goeie nuus is dat jy my kan ontmoet as jy die kaartjies by KJSS koop en dan kan ons 'n selfie neem. Ek is juis besig om my werkshoekie 'n persoonlike gevoel te gee. Ek is baie lief vir mense, maar dit weet julle al en ek hou daarvan om saam met mense afgeneem te word wat uitreik en 'n sagte hart het. Dis julle mense wat die wiele van die land aan die rol hou. Daarom sê ek by voorbaat dankie vir elkeen wat 'n kaartjie gaan koop. Kom ons vat hande en maak dit 'n grootse poging.

Vir die West End Vleismark-eienaars wil ek graag voorspoed vir julle besigheidstoekoms toewens. Mag julle van krag tot krag gaan en 'n baie spesiale DANKIE vir hierdie wonderlike inisiatief. Dankie dat ons hier by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum vir julle belangrik is. Ons waardeer die TYD en MOEITE wat julle bereid is om in te sit vir 'n verdienstelike saak.  

Sien julle 24 September by West End Vleismark Hadisonpark. Etes is vanaf 12:00 beskikbaar - 'n liplekker-vooruitsig!

Ek groet eers vir julle tot 'n volgende keer.
Ruben-groete!






Ns. Ek het nog nie my eie Facebook nie, maar klik solank HIER vir inligting oor West End Vleismark Hadisonpark.         

Liefdadigheidsbraai - het jy al jou bestelling geplaas??

West End slaghuis hou 24 September 'n liefdadigheidsbraai vir 
 Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum
R100 per bord
 met 250 g spitvleis, roosterkoek en slaai!

Wednesday 11 September 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag ons vandag net so passievol wees soos Paulus.
En alles wat ons vandag aanpak en doen, met net soveel oorgawe as hy doen.

Monday 9 September 2024

Maandagmotivering

Fetal alcohol syndrome awareness and prevention


Fetal alcohol syndrome is a condition in a child that results from alcohol exposure during the mother's pregnancy. Fetal alcohol syndrome causes brain damage and growth problems. The problems caused by fetal alcohol syndrome vary from child to child, but defects caused by fetal alcohol syndrome are not reversible.


There is no amount of alcohol that's known to be safe to consume during pregnancy. If you drink during pregnancy, you place your baby at risk of fetal alcohol syndrome.

The severity of fetal alcohol syndrome symptoms varies, with some children experiencing them to a far greater degree than others. Signs and symptoms of fetal alcohol syndrome may include any mix of physical defects, intellectual or cognitive disabilities, and problems functioning and coping with daily life.

Physical defects may include:
* Distinctive facial features, including small eyes, an exceptionally thin upper lip, a short, upturned nose, and a smooth skin surface between the nose and upper lip
* Deformities of joints, limbs and fingers
* Slow physical growth before and after birth
* Vision difficulties or hearing problems
* Small head circumference and brain size
* Heart defects and problems with kidneys and bones

Brain and central nervous system problems
* Problems with the brain and central nervous system may include:Poor coordination or balance
* Intellectual disability, learning disorders and delayed development
* Poor memory
* Trouble with attention and with processing information
* Difficulty with reasoning and problem-solving
* Difficulty identifying consequences of choices
* Poor judgment skills
* Jitteriness or hyperactivity
* Rapidly changing moods

Problems in functioning, coping and interacting with others may include:
* Difficulty in school
* Trouble getting along with others
* Poor social skills
* Trouble adapting to change or switching from one task to another
* Problems with behavior and impulse control
* Poor concept of time
* Problems staying on task
* Difficulty planning or working toward a goal

Sunday 8 September 2024

'n Saterdagskool is stimulerend, maar ook ontspannend!

Die skoolhoof  hard aan die werk ... sy kla net dat die kinders haar pla as sy vergadering hou.

Die adjunkhoof het haar goed kreatief en netjies georganiseer.

Die leerders lyk darem rustig en hardwerkend.

Rolspel help kinders om sosiale rolle en norme te verstaan en leer hulle om oplossings vir alledaagse probleme te vind deur die karakter wat hulle voorstel. Speletjies prikkel die begrip en al spelende ontwikkel kinders 'n verstaan van die wêreld rondom hulle.  

Laat lentebederfie vir ons spesiale personeel


September is sinoniem met die lente wat op pad is. Daarvan getuig die kleurvolle blomme in die tuine, die oggendbries vol bloeiselgeure wat anders ruik en voëls wat gemoedelik vroegoggend-nuusbrokkies uitruil.

Dis heerlike lente, die winter is verby. 

Mag elkeen die vreugde van lente 2024 ervaar en uitdra! 

Thursday 5 September 2024

Maak tyd ...

Maak tyd om te werk - dit is die prys van sukses.
Maak tyd om te dink - dit is die bron van krag.
Maak tyd om te speel - dit is die geheim van ewige jeug.
Maak tyd om te lees - dit is die fontein van wysheid.
Maak tyd om vriendelik te wees - dit is die pad na geluk.
Maak tyd om lief te hê en liefde te kan ontvang - dit is die voorreg van verlostes.
Maak tyd om te lag - dit is musiek vir die siel.
Maak tyd vir God - dit is die enigste standhoudende belegging.

Wednesday 4 September 2024

Nasionale sekretaressedag


Sekretaresses en administratiewe personeel is die stille helde en heldinne wat die werk se balle in die lug hou. Dankie aan almal wat 'n bydrae lewer om Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se admin op datum te hou. Vandag betuig ons ons dankbaarheid. Hulle is die ruggraat van die werkplek en sonder hulle sou ons nie so vlot kon funksioneer nie.

Rosetta se goeie wense:


Mag ek vandag met my hart kyk,
my hart wat kan voel, omgee, medelye
en begrip kan toon en geduldig is ...
Dis nie altyd maklik in my toksiese omgewing nie.