Wednesday 30 November 2022

Loving God, as I begin this time of exams,

I feel some anxiety and frustration.
Help me to stay focused.
Give me a clear mind,
to perform to the best of my ability.
Help me to study with dedication and vigour.
Grant me silence 
so that I may process the knowledge I have obtained.
Let me sleep peacefully at night,
so that I am refreshed and renewed for my upcoming exams.
Be with me, gentle God, during these days.
Undoubtedly, there will be moments 
when I want to quit and give up.
Please sustain me, Holy One.
Guide me during times of trouble.
Help me be satisfied with the work I have done,
but also help me to see areas that I may improve upon academically in the future.
Amen.

Wednesday 23 November 2022

Dankie, Keimoes!

2022 was nie 'n maklike jaar nie. Ons nader die einde van hierdie jaar vinniger as wat ons gedink het. Aan die einde van hierdie genadereis, wil ek graag vir elkeen wat op een of ander wyse die pad makliker gemaak het, baie dankie sê. Sonder julle sou ons nie kon terugkyk op al die wonderwerke nie.
Dankie, Aletta Matthys (alias Aunt Maude) en Jeem Rooibok (alias Elmè), die twee vrywilligers en aan Lizeth Nkebane, die maatskaplike hulpwerker en koördineerder.

Saturday 19 November 2022

Babahondjies te koop


'n Boer het ‘n paar babahondjies gehad wat hy wou verkoop. Hy verf toe ‘n advertensieplakkaat en sit dit teen sy plaashek op.

Terwyl hy nog besig was om die bord vas te slaan, voel hy skielik iemand trek aan sy baadjie. Hy kyk om, vas in die oë van ‘n klein seuntjie. “Oom, ek wil graag een van Oom se hondjies koop”

”Wel,” sê die Boer, “Hierdie hondjies het ‘n baie goeie ma en pa en hulle kos nogal duur, Seun.”

Die seuntjie laat sak sy kop en dink vir ‘n oomblik. Toe druk hy sy hand diep in sy broeksak, kom met ‘n handvol kleingeld te voorskyn. “Sal hierdie genoeg wees dat ek net kan kyk, asseblief, Oom? “ vra hy.

“Seker,“ sê die boer. En met ‘n fluit roep hy: “Kom Lady, kom wys jou kinders!”

Uit die hondehok kom Lady, met vier bondeltjies lomp-lomp agterna. Die seuntjie druk sy gesiggie teen die draad en sy oë blink van pure opgewondenheid. Die hondjies is al amper by die draad, toe die seuntjie nog iets by die hondehok sien roer. Stadig kom nog ‘n bondeltjie te voorskyn, heelwat kleiner as die ander hondjies. Met ‘n mank sukkelende drafstappie begin die laaste klein hondjie naderkom. Hy probeer sy bes om die ander in te haal.

“Ek wil hom graag hê, ” sê die seuntjie, en wys met sy vinger na die kruppel hondjie.

Die boer kniel langs die seuntjie en sê: “Seun, jy wil nie daardie hondjie hê nie. Hy sal nooit kan hardloop en speel soos al die ander hondjies nie.”

Die seuntjie staan terug van die draad af en begin sy broekspyp oprol. Stadig begin twee kunsbeentjies wys, wat met ‘n stut vas is, en eindig in twee kunsskoene.

“Oom Boer sien, ek kan self ook nie te lekker hardloop nie, en hy sal iemand nodig hê wat dit kan verstaan.”

Met trane in sy oë tel die boer die kruppel hondjie op en gee hom versigtig vir die seuntjie oor die draad aan.

“Hoeveel kos hy, Oom?“ vra die seuntjie.

“Hy’s verniet, Seun. Hy kos jou niks nie. LIEFDE KOS NIKS NIE.

Sunday 13 November 2022

Die storie van die Coca-Cola-blikkie

Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees na hierdie boodskap nie.


Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat nie. Hoop julle geniet dit wat hy raakgesien het, want ek het. Hy was 'n regte Jesus-kind en 'n voorbeeld vir ons almal.

Hierdie stukkie  goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.   

Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92,  (13jr). Hy is deur 'n motoris doodgery.  'n Dag  voor sy tragiese dood het hy die volgende nota op sy  lessenaar gelaat: 

Hoeveel Coca-Cola's het jy al  gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie? 

Wel hier is die storie:
"Die rooi stel  die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die  sonde wat jy doen. 
Die wit is reinheid, 
wanneer jy jou  sonde bely dan word jy rein." 

Coca-Cola staan vir  die volgende: 
     C-Come 
     O-on 
     C-children 
     A-Accept 
     C-Christ 
     O-our 
     L-Lord 
     A-Amen 

Die woorde Coke staan  vir: 
   C-Christus 
   O-ons 
   K-Koning 
   E-Ewig 

Agterop is daar 340ml, in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy  jou tot die Here moet bekeer. As jy dit doen, dan gooi  jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop. Dan is  jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is, dan  kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom en maak hom  oop, dan kook hy oor, so is dit ook as jy tot bekering kom; dit borrel binne in  jou." 

[Dankie, ds. Brahm dat jy ons net weer herinner aan hierdie bekende verhaal.] 

Saturday 12 November 2022

Net nog 5 minute ekstra


Eendag gaan sit ’n dame langs ’n man op een van die bankies wat naby die speelparkie is.

“Daardie outjie is my seun,” sê sy terwyl sy na ’n klein seuntjie met ’n rooi sweetpaktop wys wat besig is om op die glyplank te speel.

“Dis ’n pragtige jong mannetjie,” antwoord die man. “Dis my dogter, die een met die wit rokkie wat daar met die fiets ry.”

Met die kyk hy op sy horlosie en roep na sy dogter. “Hoe lyk dit Melissa, dink jy nie dis tyd om huis toe te gaan nie?”

Melissa pleit by haar pa, “Pappa, kan ek nie nog asseblief vyf minute ekstra op my fiets rondry nie? Asseblief net nog vyf minute.”

Die man knik instemmend met sy kop en Melissa gaan voort om na hartelus op haar fiets rond te rits. Vyftien minute is later verby en die man staan op en roep weer na sy dogter. “Is dit nou tyd om te gaan?”

Weereens pleit Melissa, “Vyf minute, Pappa, gee net nog vyf minute meer.”

Die man glimlag en sê: “OK.”

“Mense ons, maar jy is omtrent ’n geduldige pa,” antwoord die vrou wat langs hom op die parkbankie gesit het.

Die man glimlag weer en sê, “ Haar ouer boetie, Niekie, is verlede jaar oorlede nadat ’n dronk bestuurder hom raakgery het. Hy het met sy fiets nie ver hiervandaan gery nie. Ek het nooit baie tyd saam met Niekie spandeer nie en nou sal ek enigiets gee vir net ’n ekstra vyf minute saam met hom. Ek het myself beloof om nooit dieselfde fout met Melissa te maak nie.

“Sy dink sy het vyf minute ekstra om met haar fiets rond te ry. Die waarheid is, ek kry vyf minute ekstra om haar te sien speel.”

Die hele lewe gaan oor prioriteite, wat is jou prioriteite?

Gee vir iemand vir wie jy lief is, wat vir jou omgee, wat naby aan jou bly vandag vyf minute ekstra van jou tyd, want dis nie vir hulle nie maar eintlik vir jouself. 

Loer oor die heining en vra vir jou buurvrou hoe dit met haar gaan. Glimlag vir die karwag wat in reënweer en sonskyn na jou kar kyk en knoop 'n geselsie aan omdat jy regtig belangstel. Gee 'n drukkie vir die persoon by die kliniek wat jou help - hulle werk net met probleemgevalle en sal 'n positiewe gebaar waardeer. Bak 'n koek en gaan gee dit by kindersorg af. 

Dis amper die einde van die jaar ... wat van 'n speelbederf vir kinders in 'n versorgingshuis?? 

Friday 11 November 2022

Life is about giving and taking

“Don’t break a bird’s wings and then tell it to fly.
Don’t break a heart and then tell it to love.
Don’t break a soul and then tell it to be happy.
Don’t see the worst in a person and expect them to see the best in you.
Don’t judge people and expect them to stand by your side.
Don’t play with fire and expect to stay safe.
Life is about giving and taking.
You cannot expect to give bad and receive good.
You cannot except to give hate and receive love.
So if you’re willing to see positive change in your life, you must be willing to be that change itself.”