Friday, 31 January 2025
Thursday, 30 January 2025
Een minuut storie: Die Leeu en die Muis - ‘n tradisionele fabel
Eendag beland daar ‘n piepklein muisie in die poot van ‘n yslike groot leeu. “Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!” brul die yslike groot leeu.
”Asseblief, Grote Leeu, koning van die diere, ek respekteer jou, moet my net nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag ‘n guns bewys”, pleit die muisie.
”Jy weet,” brul die yslike groot leeu, “ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glads te klein om vir my enige gunste te kan bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander.”
Die piepklein muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.’n Paar dae later word die Grote Leeu in ‘n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Hy raak verboureerd, want hy weet dat dit die einde van sy lewe kan beteken soos hy dit ken. Skielik hoor hy ‘n fyn piep-piep hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy ‘n paar dae tevore gevang het.
”Lê doodstil,” piep die muisie, “Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees.”
”Ag, ou Muisie,” kla Grote Leeu moedeloos, "Die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?”
Maar die muisie praat nie en hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar ‘n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.
”Baie baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Iets wat ek nie in my wildste drome kon dink nie. Al is jy só baie klein, het jy my gered, toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies ‘n groot geskenk gee.”
Grote Leeu en Kleine Muisie is tot vandag nog vriende. En hulle maak seker dat hulle hierdie storie van geslag tot geslag oordra, want groot-groot-groot-grootoupa leeu het 'n belofte gemaak.
Jy is nooit te klein om iemand te help nie.
Labels:
Belofte,
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Hulp,
Inspirasie,
Leeu,
Les,
Moedeloosheid,
Motivering,
muis,
Redding,
Storie,
Verhaal
Wednesday, 29 January 2025
Rosetta se goeie wense: Genademiddel
om die lewe maklik te maak nie,
maar 'n genademiddel om ons sterk
genoeg vir die uitdagings te maak.
Tuesday, 28 January 2025
Binnekringnuus: Tommie se eerste onderhoud met die pers
Interne korrespondent: Tommie is die nuutste toevoeging tot die Christina Kiddie Sentrum. Hy is nie net die nuutste en die jongste nie, hy is loshande ook die oulikste. Hy doen mee met oorgawe. Hy speel saam totdat hy van moegheid sommer in rat doodruk en omval. En dan slaap Tommie die slaap van dooies, want as hy daar opstaan, is daar nie tyd vir lamlendig wees nie. Die lewe moet geleef word en so kruip Tommie onder ons vel in en met sy lomp peuterpote trap hy 'n yslike modderpad in jou hart. Ongenooid, ongevraagd, maar tog só welkom.
Bestanddele:
Christina Kiddie se junior korrespondent het met Tommie 'n onderhoud gevoer, sodat ons lesers ook so 'n proesel van die klein Tommie kan kry, voordat die tienerjare inskop.
CK junior korrespondent: Ons het in een van Ruben se briewe gelees dat jy van Petrusburg af kom. Vertel ons meer van jou geboorteplek.
Tommie: Petrusburg is so 'n klein dorpie tussen Bloemfontein en Kimberley, met vriendelike, gasvrye, plat op die aarde mense wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop. Almal ken almal. En op so 'n klein plekkie moet jy jou eie besigwees skep. My ouma Annie het altyd gesê dat die duiwel orals leeglê, maar die jongetjies van Petrusburg het niksdoen vervolmaak.
CK junior korrespondent: Nou wat doen julle Petrusburgers om besig te bly?
Tommie: Wel, die grootmense beoefen natuurlik 'n stokperdjie of leef hulle passie uit. My tannie Tilla maak vetplantjies bymekaar. Sy is sowaar die vetplantkoningin van die dorp. Sy het 'n aardige versameling. Kan jy glo dat die TV-mense dit kom afneem het en 'n hele onderhoud met haar gevoer het? Daarna is tannie Tilla die bekendste mens op die dorp. Daardie program het haar nou eers aangespoor en vir elkeen wat by haar kom kuier, stop sy 'n plantjie in die hand.
CK junior korrespondent: Tommie, waarmee het jy jouself besig gehou op daardie klein dorpie?
Tommie: Jy sien, ek en ouma Annie het 'n besondere verhouding. Ek het bedags by haar gebly as my ouers gaan werk het. Ouma Annie het resepte versamel - meer spesifiek - kleinkoekieresepte! Sy het lêers en lêers ennn lêers vol resepte. Ouma Annie bak vir 'n tuisnywerheid in Bloemfontein en my werk was om koekies te proe. Ai en ek het só daarvan gehou om ook die mengbakke uit te lek - dit was my skelm bederfie en ons twee se geheim. My ma sou die piep kry as ek dit durf waag doen by die huis. Ouma Annie is lid 74. En dit is die lid wie se koekies die heel eerste van die rakke afvlie. Ek dink dis omdat ek so 'n goeie proeër is.
CK junior korrespondent: Tommie, noudat jy hier by Christina Kiddie is, het jou lewe totaal verander. Wat mis jy die heel meeste van jou geboorteplek?
Tommie: Ek mis my maats die heel meeste. Jy weet, Saterdae was ons kaskardag. Dan het ons almal by Willem se huis bymekaar gekom en gery dat die stof so staan. Daar het elke Saterdag 'n stofwolk oor daardie klein dorpie gehang. En dan mis ek ouma Annie se koekies ... daar sit mos baie liefde en omgee in elke koekie wat sy bak.
CK junior korrespondent: Ek hoor in die wandelgange dat jy 'n spesiale Kersgeskenk van jou ouma gekry het. Vertel 'n bietjie vir die lesers daarvan.
Tommie: Ek het een van my ouma se reseptelêers gekry, met die uitdruklike opdrag om dit met boetie Ruben se lesers te deel. Ek sal by tannie Christelle uitvind hoeveel resepte ek op haar blog mag sit, maar so een 'n maand is op hierdie stadium in die pyplyn.
CK junior korrespondent: Wat is jou gunsteling koekie?
Tommie: Ek dink die lekkerste koekies suid van die ewenaar is gemmerkoekies. Ek gaan sommer ouma Annie se gemmerkoekieresep vir jou gee en dan kan jy dit met die lesers deel.
CK junior korrespondent: Dankie, Tommie, dis nou 'n heerlike manier om 'n onderhoud af te sluit. Mag jy wonderlike jare in die sentrum beleef. Miskien moet jy 'n resep of twee insmokkel kombuis toe.
Gemmerkoekieresep van Ouma Annie
Hierdie is ‘n vinnige gemmerkoekieresep vir ma's met min tyd!Bestanddele:
Bruismeel: 500 ml (240 g)
Suiker: 250 ml (200 g)
Suiker: 250 ml (200 g)
Koeksoda: 3 ml
Fyn kaneel: 5ml
Fyn gemmer: ±20 ml (indien jou gesin van 'n gemmerkoekie met 'n byt hou, moenie spaarsamig met die gemmer werk nie.)
Margarien: 150 g
Gouestroop: 15 ml
Eier: 1 - geklits
Metode:
Fyn kaneel: 5ml
Fyn gemmer: ±20 ml (indien jou gesin van 'n gemmerkoekie met 'n byt hou, moenie spaarsamig met die gemmer werk nie.)
Margarien: 150 g
Gouestroop: 15 ml
Eier: 1 - geklits
Metode:
* Sif bruismeel, suiker, gemmer, kaneel en koeksoda saam en meng goed.
* Smelt die margarien en stroop saam. Roer in by meelmengsel. (Voorkoms: Lyk asof te droog)
* Roer geklitste eier in.
* Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. Dit sit uit, so nie te naby mekaar nie.
* Bak by 180°C tot goudbruin (ongeveer 15 min).
* Laat effens afkoel voordat van plaat verwyder.
* Roer geklitste eier in.
* Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. Dit sit uit, so nie te naby mekaar nie.
* Bak by 180°C tot goudbruin (ongeveer 15 min).
* Laat effens afkoel voordat van plaat verwyder.
En as jou gesin van hierdie lekker gemmerkoekieresep hou - gaan groot!!!
Monday, 27 January 2025
Saturday, 25 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
Jy maak die deur oop en sit die olifant in.
* Hoe kry jy 'n kameelperd in 'n yskas?
Jy haal die olifant uit en sit die kameelperd in.
* Wie het die moeilikste werk op aarde?
'n Olifant se tandarts.
* Hoekom het jou hond so 'n plat neus?
Hy jaag altyd karre wat stilstaan.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 24 January 2025
Thursday, 23 January 2025
Een minuut storie: Die wolf en die skaap
Baie jare terug was daar 'n wolf wat regtig seergekry het toe hy teen 'n kwaai beer geveg het. Hy het wel die geveg gewen, maar hy het baie sleg gelyk. Hy kon nie self vir hom kos of water in die hande kry nie. Moeg, vol pyne, en baie honger het hy onder 'n bos gelê en homself jammer gekry.
Op 'n dag het 'n skaap by hom verbygeloop. Hy het die skaap gevra om vir hom water te gaan haal, sodat hy 'n bietjie vog en krag in sy lyf kan kry om vir hom vaste kos te gaan soek. Die skaap het vinnig besef hy is die vaste kos waarna wolf verwys het, het hy vir wolf gesê dat hy nie die een is wat die water sal gaan haal nie en het dadelik weggegaan.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Jy kan 'n persoon se bybedoelings raaksien as jy aandag daaraan gee.
* Om NEE te sê en pad te gee is 'n goeie skuif - doen dit net betyds.
Labels:
Bybedoelings,
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Inspirasie,
Les,
Motivering,
Skape,
Storie,
Verhaal,
Wolf
Wednesday, 22 January 2025
Rosetta se goeie wense: Vergeet-my-nietjies
met julle om te sê dat ek julle nie vergeet het nie.
Maar ook om te sê dat God jou
nooit sal vergeet nie.
Tuesday, 21 January 2025
Monday, 20 January 2025
Gebed deur Teresa van Avila
Mag jy God vertrou dat jy is waar jy bedoel is om te wees.
Mag jy nie die eindelose moontlikhede vergeet
Wat gebore word uit geloof nie.
Mag jy die gawes gebruik wat jy ontvang het,
En die liefde deurgee wat aan jou gegee is.
Mag jy tevrede wees
Wetend dat jy 'n kind van God is.
Laat God se teenwoordigheid in jou beendere rus
En gee jou siel die vryheid
Om te sing, te dans, te prys en lief te hê."
Hierdie gebed van Teresa van Avilla is 'n kosbare herinnering aan die vrede en vertroue wat spruit uit 'n lewe geanker in geloof en liefde. Mag hierdie woorde jou inspireer en versterk vir die dag wat voorlê.
[Dankie, Christelle, dat jy dit met ons almal deel.]
Saturday, 18 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
* Wat het die sielkundige vir die olifant gesê toe hy 'n afpsraak by hom gaan maak het.
"Dis R100 vir die afspraak en R1100 vir die rusbank."
* Hoekom is 'n olifant groot, grys en vol plooie?
Want as hy klein, rond en wit was, sou hy 'n Disprin gewees het.
* Hoekom verf olifante hulle voete onder geel?
Sodat hulle onderstebo in 'n bak vla kan dryf sonder om gesien te word.
* Wat is groot en grys en het rooi oë?
'n Oliffant wat 'n liefdesteleurstelling gehad het.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 17 January 2025
Thursday, 16 January 2025
Advertensie: Besoek West End Slaghuis gerus in Januarie
Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie
by West End Vleismark.
Onthou: Plankie Steak (sous) is by West End Vleismark beskikbaar! Hierdie geurige sous voeg waarde by tot 'n heerlike stukkie braaivleis.
Een minuut storie: Beheer altyd jou woede
Daar was 'n jong seun wat nie sy woede kon beheer nie. Hy het nie omgegee wat hy vir wie sê nie. Hy sou sê net wat hy wil, al het dit mense seergemaak. Sy pa het hom gevra om 'n spyker in die agterplaasheining in te hamer elke keer as hy kwaad word.
In die begin van die oefening het hy baie spykers gebruik. Maar soos die tyd aangestap het, het hy al minder en minder begin gebruik. Op 'n dag het sy pa hom gevra om elke dag net een spyker te begin uittrek. Hy het nie meer kwaad geword nie. Toe hy al die spykers verwyder het, het sy pa hom gevra of hy al die gate in die heining gesien het. Die seun het instemmend geknik en gevra wat hy kan doen om die heining te herstel. Sy pa herinner hom toe daaraan dat die heining nooit weer dieselfde sou wees nie, maak nie saak wat hy doen nie. Presies dieselfte gebeur met mense.Al die lelike dinge wat ons sê en doen terwyl ons woedend is, kan nooit uitgewis word nie. Daar bly altyd 'n merk agter.
Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Woede laat letsels op mense.
* Woede verbeter nie 'n situasie nie.
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Inspirasie,
Kwaad,
Les,
Letsels,
Motivering,
Spykers,
Storie,
Verhaal,
Woede
Wednesday, 15 January 2025
Ruben spog met sy hartskinders se foto's
Dit was vir my heerlik om so 'n vinnige draai by elkeen van julle skole te maak. 'n Vinnige voëlvlug soos my ouma altyd gesê het, net om te sien of elkeen van my hartskinders reg is. 'n Mens voel mos maar die eerste dag van die nuwe skooljaar 'n bietjie onseker. En as al die skoenlappers in jou maag rustig geraak het, dan kyk jy mos met ander oë na jou klasmaats en in jou hart besluit jy: hierdie gaan my lekkerste klas en my beste jaar wees!!
Ek het so 'n paar foto's geneem en ek deel dit graag met ons Koester Karos-lesers.
Mag 2025 goed wees vir ons hartskinders en hulle beloon met goeie punte!
Ruben se boekoortrekboodskap
Liewe Maats
Ek is só besig, ek kan my nie draai nie. Ek het die gelukkige lootjie getrek om boeke oor te trek! Ek kon dit nie glo nie ... maar in hierdie week het ek al gevorder tot 'n boekoortrekdeskundige en dink ek daaraan om volgende jaar met my talente tot my finansiële gewin te woeker. As ek na die stapels en stapels boeke op die tafels voor my kyk, weet ek dat daar hierdie week nie sprake van 'n middagslapie gaan wees nie. Die klimaatsverandering in Kimberley het 'n berg gebaar ... 'n boekeberg.
Die laerskooloutjies se boeke is my verantwoordelikheid en die hoërskoolleerders kan by my in die ontspanningsaal kom sit en boeke oortrek - ek waardeer enige vorm van geselskap en onthou ek is die hulpvaardigheid self - altyd bereid om 'n helpende poot uit te steek.
Maats, onthou dat die ywer, entoesiasme en kreatiwiteit waarmee jy jou boeke nou oortrek, jou hele jaar gaan beïnvloed. Jy gaan elke dag vir 4 kwartale, ongeveer 200 skooldae, met hierdie boeke werk. 'n Mooi oorgetrekte boek, met netjies gevoude hoekies en 'n motiveringspreuk op die buiteblad, het 'n manier om jou tot hoër hoogtes aan te por. Ek weet! Ons klompie in Petrusburg het baie moeite met ons skryfboeke gedoen. Dit was dikwels die enigste kleur in die vaal stowwerige Vrystaat. Daardie helderkleurige boeke het in ons punte neerslag gevind. Gaan lees maar van die plattelandse skooltjies se goeie uitslae - die koerante is vol daarvan. Ek is juis so trots op Nthabeleng Malakoane van Rantsane Secondary School se uitslae. Sy het 'n allermintige 10 onderskeidings behaal. Sy het hard en toegewyd aan haar drome gewerk.
En hierdie is my boodskap vir die eerste dag van 2025. Skryf jou droom vir hierdie jaar neer waar jy dit elke dag kan sien. Werk soos Nthabeleng sonder ophou aan daardie droom - begin sommer vandag met die oortrek van jou skryfboeke - die boeke waarin jou droom weerspieël word ...
Tuesday, 14 January 2025
Back to school / Value Education
Mandela recognized education as a great vehicle to bring equality of opportunity to the world. Here are nine Nelson Mandela quotes about education:
“I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities.”
“The power of education extends beyond the development of skills we need for economic success. It can contribute to nation-building and reconciliation.”
“A good head and good heart are always a formidable combination. But when you add to that a literate tongue or pen, then you have something very special.”
“Young people must take it upon themselves to ensure that they receive the highest education possible so that they can represent us well in future as future leaders.”
“Without language, one cannot talk to people and understand them; one cannot share their hopes and aspirations, grasp their history, appreciate their poetry, or savour their songs.”
“No country can really develop unless its citizens are educated.”
“Education is the great engine of personal development. It is through education that the daughter of a peasant can become a doctor, that the son of a mine worker can become the head of the mine, that a child of farm workers can become the president of a great nation. It is what we make out of what we have, not what we are given, that separates one person from another.”
“It is not beyond our power to create a world in which all children have access to a good education. Those who do not believe this have small imaginations.”
Monday, 13 January 2025
Saturday, 11 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
* Hoe skiet jy 'n blou olifant?
Met 'n blou olifantgeweer.
* Hoe skiet jy 'n pienk olifant?
Jy wurg hom tot hy blou is en dan skiet jy hom met 'n blou olifantgeweer.
* Hoekom verf 'n olifant een toonnael blou, een bruin, een groen en een rooi?
Sodat jou ma hom nie kan sien as hy in die Smartie-boks wegkruip nie.
* Hoe ken jy 'n Indiese en 'n Afrika-olifant uitmekaar?
Jy vra hulle paspoorte.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 10 January 2025
Thursday, 9 January 2025
Die Mier, die gebed en die kontaklens
In die Mei/Junie 1994-uitgawe van haar nuusbrief, het Elizabeth Elliot ’n artikel gepubliseer waarin Brenda Folz van Princeton Minnesota ’n byna ongelooflike ware verhaal vertel. Brenda is as jong meisie uitgenooi om op ’n rotsklimuitstappie te gaan. Sy het nog nooit vantevore rotsklim gedoen nie, maar sy besluit om saam met die groep die groot granietkrans te gaan uitklim.
Ten spyte van haar vrees, het sy teen die rots begin opklim totdat sy ‘n lysie bereik het waar sy ‘n blaaskans kon neem. Terwyl sy daar gerus het, het die veiligheidstou teen haar oog geklap en haar kontaklens uitgestamp. Brenda was gestrand op ‘n rotslysie, met honderde meters steil granietrots onder haar en honderde meters bo haar. Sy het bly rondkyk in die hoop dat dit dalk naby haar geval het, maar dit was net nie daar nie.
Met haar sig wat dof was, het sy paniekerig geraak en die Here gevra om haar te help om dit te kry. Sy het later toe versigtig verder geklim tot bo, waar ‘n vriend haar oog en haar klere deursoek het, maar die kontaklens was weg. Terwyl hulle gewag het vir die res van die groep om ook tot bo te klim, het sy eenkant, weg van die groep gaan sit. Sy het gekyk na die omvang van die reeks berge om haar, en gedink aan die Bybelvers in 2 Kron. 16:9 wat sê, “The eyes of the LORD search the whole earth in order to strengthen those whose hearts are fully committed to him.” Sy het gedink: “Here, U kan al hierdie berge sien. U ken elke klip en blaar, en U weet presies waar my kontaklens is. Help my, asseblief. ”
Uiteindelik het hulle met die roete terug na onder geloop. Aan die onderkant van die berg het daar toe nog van die groep klimmers gestaan en wag om teen die rotswand op te klim. Een van hulle het geskreeu, “Haai, julle ouens! Het iemand dalk ‘n kontaklens verloor?”
Brenda het nie op haar laat wag nie en na die ander klimmer gehardloop, terwyl die kliphard skree: "Daar is 'n mier besig om 'n kontaklens bergaf te dra. Brenda was verstom om haar kontaklens, teen alle rede in, ongeskonde te vind.
Sy het vir haar ouers van hierdie wonderwerk geskryf en haar pa wat goed kon teken, het die mier met 'n kontaklens vyf keer sy eie grootte geteken.
The Lord is good to all ...
The Lord is near to all who call upon Him ...
The Lord hears ...
Labels:
Advies,
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Inspirasie,
Liefde,
Mier,
Motivering,
Storie,
Verhaal
Wednesday, 8 January 2025
Tuesday, 7 January 2025
Monday, 6 January 2025
Saturday, 4 January 2025
Ruben-humor: Diereraaisels
* Hoekom het 'n olifant so baie plooie?
Omdat hy nooit gestryk word nie.
* Hoekom lê die muggie in die pad?
Hy wil die olifant pootjie.
* Hoekom lê die olifant in die pad?
Die muggie het hom gepootjie.
* Hoekom verloor die olifante altyd as hulle teen die miere skrum?
Die miere gebruik 'n ekstra stut.
Labels:
Diere,
Diereraaisels,
Glimlag,
Grappe,
Lag,
LOL,
Ruben-humor
Friday, 3 January 2025
Thursday, 2 January 2025
Advertensie: Besoek Malu gerus in Januarie
Besoek ons gerus HIER om op hoogte te kom van al ons spesiale aanbiedinge vir Januarie by MALU.
Subscribe to:
Posts (Atom)